Christa le Roux - 'n Lewe
“Toe ek daar begin skoolhou, dit was 20 jaar nadat ek leerling was, het ek steeds hierdie heilige respek vir mej. Le Roux gehad. Ek het behoorlik aan die begin klem in die kaak gekry as ek met haar moes praat. As ’n mens egter die voorligtingpos het, werk jy baie nou met haar saam en word baie vorms saam met haar in haar kantoor ingevul. Dan het ons baie keer ook saam tee gedrink. Ek onthou hoe sy eendag vir my gevra het of ek ook ‛Suganonʼ (op Afrikaans uitgespreek) gebruik. Só het ek haar dan beter leer ken en besef dat sy nie so onbereikbaar is soos ek gedink het nie. As onderwyseres het ek besef watter uitstaande kenmerke sy as mens gehad het, want toe het ek gesien hoe sy die skool met integriteit en hardwerkendheid bestuur. Sy het geen geheim daarvan gemaak nie dat sy dieselfde van haar personeel verwag. “Sy was regverdig. Wanneer jy goed gedoen het, het sy met oorgawe erkenning gegee, maar as jy laat slap lê het, het sy dit met dieselfde oorgawe veroordeel. Ons het hard gewerk. Selfs op die laaste skooldag van ’n kwartaal moes ons skoolhou tot die klok vir die vakansie lui. Sy het gereeld onverwags by klasse ingestap om te kyk of dinge reg verloop en al het ons miskien nie altyd daarmee saamgestem nie, het ek tog later besef hoe belangrik die leierskap van ’n skool is om goeie onderwys te verseker. “Toe ek my laaste dag by die skool lekker staan en huil in die personeelkamer, het sy na my toe gekom en ‛Aag siestogʼ, gesê en my ’n drukkie gegee. Ek het besef dat daar agter daardie twee blou oë ’n sagte hart sit. Anzette Borcherds (née Albertyn), oud-Larrie en -onderwyseres: “Vir onbekendes was sy D.C. le Roux, die formele, gedugte skoolhoof van La Rochelle; Christa le Roux vir dié wat nader aan haar was; en Daisy vir dié wat elke dag hul skool-leefwêreld met haar gedeel het! Elke leerder het presies geweet wie sy was! “As st. 6-dogter het sy vir my vreeslik formeel gelyk! Daar was die skalkse glimlag agter die formele bril. Maar die boodskap was duidelik: Hier moet jy in jou spoor trap! Dit was verseker nie haar bedoeling nie ... het ek later besef, maar dit was tog my eerste persepsie as nuweling! “Soos die jare aangestap het op koers na st. 10, het die verhouding ligter geword, die formaliteit verslap, en het ons die vrymoedigheid ontwikkel om
51 Christa le Roux – ’n Lewe
Made with FlippingBook Digital Publishing Software