Christa le Roux - 'n Lewe

ONS ONTHOU

Niks staan so rooi soos wingerdblaar by Hexrivier niks staan so geel soos herfspamplier by Dwarsrivier op Ceres slaan rem aan hou jul asem in en kyk en kyk lank en eerbiedig soos ʼn mens na so ʼn herfs moet kyk

laat dit inbrand in jou vir later tyd die warm geel en rooi vir latenstyd Boerneef, Pallisandryne

“O ns onthou” bevat uittreksels uit herinnerings en huldigingswoorde en -boodskappe van oudleerlinge, oud-onderwyseresse en skoolhoofde. Die skrywers se eie bewoording is deurgaans onveranderd probeer behou. Jeanne Cillié, oud-Larrie en oud-onderwyseres: “Ek was in 1963 ’n st. 9-leerling aan La Rochelle toe mej. Le Roux daar aangestel is as skoolhoof. Al was sy jonk, het sy uit die staanspoor ’n onuitwisbare indruk op my gemaak. “Haar welluidende stem, donker hare en oë, haar welgeklede netjiese figuur, haar vasberadenheid en haar selfversekerde houding, haar nederigheid – alles het bygedra tot die amper perfekte persoon. Sy was streng, maar met deernis. Sy het by almal groot respek afgedwing, en ’n mens het haar optimisties versigtig benader. Haar inspirerende boodskappe en mooi lewenslesse was besielend vir ons as jong dames. As onderwyseres het sy haarself uitstekend van haar taak gekwyt en het die leerstof met groot entoesiasme aan ons oorgedra. “Dit was ook my voorreg om in 1964 as onderhoofdogter baie nouer met haar saam te werk. Toe het ek besef dat daar ’n juweel weggebêre is agter haar soms oënskynlik onverbiddelike houding. Ek het die ware, sagte, menslike, simpatieke mej. Christa le Roux leer ken. Die dogter van ’n liefdevolle ouerpaar.

49 Christa le Roux – ’n Lewe

Made with FlippingBook Digital Publishing Software