Christa le Roux - 'n Lewe

Sy haal T.S. Eliot aan: What we call the beginning is often the end. And to make an end is to make a beginning. The end is where we start from.

Vir Christa le Roux is dit dwarsdeur haar lewe belangrik om nooit haar herkoms te vergeet nie. T.S. Eliot se woorde resoneer dus met haar. Reeds in haar skoolhoudae maan sy die dogters om altyd aan hul wortels getrou te bly. In haar afskeidstoespraak aan die matrieks van 1982 stel sy dié twee vrae aan hulle: “Waarvandaan kom jy?” en: “Waarheen gaan jy?” Sy haal C. Louis Leipoldt aan:

’n Handvol gruis uit die Hantam - My liewe, lekker Hantam-wyk! ’n Handvol gruis en gedroogde blare, Waboom-blare, ghnarrabos-blare! Arm was ek gister, en nou is ek ryk.

Sy moedig elke leerling aan om nooit te vergeet wie sy is nie. Terselfdertyd moet sy daarna streef om haar ideale te verwesenlik. Sy sluit só af: “Sonder visie vergaan ’n mens.” Christa le Roux het getrou gebly aan haar komvandaan. Haar wortels. Tog het sy geweier om te stagneer. Sy het steeds nuwe dinge bly ontgin en haar nie toegeskulp vir vars idees en vooruitgang nie. Sy was ’n lewende voorbeeld van iemand wat tot aan die einde leergierig was. Sy het ’n lewendige belangstelling in politiek en die letterkunde gehad en was op die hoogte van die jongste literêre pryse. Tot ’n paar jaar voor haar dood was sy aktief deel van ’n leeskring. ’n Mens sou kwalik kon raai dat sy teen die einde van haar lewe byna geen sig oorgehad het nie. Sy het graag ’n ou Chinese spreekwoord aangehaal: Do not fear to go forward slowly, but to come to a standstill [soos in Engels vertaal].

43 Christa le Roux – ’n Lewe

Made with FlippingBook Digital Publishing Software