BOISHAAIER 2015
SKRYFSTUKKE
MAKING MY OWN PATH By Leo Kruger (Grade 12B) What stands there, alone between the trees? Is it a bird? I approach slowly with a slight tingle going up my spine, not one of fear, but of cu- riosity, as I hear, I see the rich velvet colours. It’s a flower. If you were to search the entire world, you would find this flower only on this mountain – Table Mountain. It is the Disa … The Disa has always eluded my grasp and yet here it stands right in front of me. I do not hesitate and grab it with both hands. A feeling of pride swells up in my chest. I worked so hard to achieve this high school goal and now after five years, I finally have. The friendly creatures of the forest are all around me, congratulating me on my achievement. A strange thought crossed my mind; I looked around and noticed that the mountain guide was gone. The sun dimmed and the forest began to darken. All the friendly animals began to disappear. I was left to fight alone and I started to become aware of the increasingly wild beating of my heart.
Suddenly I was surrounded by the most fearsome creatures in the world. The Bull, the Shark, the Cheetah and the Lion circled me. The Disa crum- bled before them and I fell down. The blackness overcame me and was all around. I rose to my knees, pleaded for help and begged for mercy. Luckily for me, it is when we are at our lowest and the darkest moment when the light can shine the brightest. He smiled and he sent me her. An angel. She came down with such elegance and such grace, I thought her to be a temptress. How wrong I was, for she was beauty incarnated. She handed me the leather and whispered in my ear. I now knew the correct course and it was time to make my own decisions. The sun rose again. The leather compelled me forward, so I ran, straight through them all. I ran faster than the Cheetah, more aggressive then the Shark and stron- ger than the Bull. I followed my heart and made my own path, which led me straight to the Golden Lion and I know the lion will lead me to the ever elusive Springbok. Thus I will leave my home and the forest and travel north to the Big City. Although this prospect scares me, it will not throw me off course. I accept the challenge and one day I will achieve my dream. Sien die probleme raak en maak ’n verskil Tian Alberts 12B In ’n probleemgeteisterde wêreld, waarin bykans geen land die meedoënlose ver- nietiging van ekonomiese stelsels, veiligheid, orde en opvoeding vryspring nie, het die algemene tendens een van selfbelang geword. Die gemiddelde mens versuim sy plig om, soos Dawid in Psalms skryf, te “waak oor die wêreld en die diere in die veld.” Die mens wat wel probleme raaksien, het geen behoefte om ’n verskil te maak nie, maar eerder soos bedreigde bokke te probeer ontsnap en elders groe- ner weivelde te soek. Met hierdie daad, dissosieer Homo sapiens homself van die eienskap wat aan hom bestaansreg en voogdyskap oor die wêreld gegee het – die vermoë om ’n verskil te kan maak. Die menslike eienskap om ’n verskil te kan maak is in die verlede vergestalt deur figure soos Edison, aan wie ons die gloeilamp te danke het, of dr. Chris Barnard, wat ’n stortvloed nuwe geleenthede in die mediese veld moontlik gemaak het. Groot groepe mense het hul ook al in die geskiedenis gewend tot die verbetering van lewe op Aarde. DIt veral in Suid-Afrika, ’n land wat die potensiaal het om die juweel van die wêreld te word, waar die instink van ontsnapping voorkeur geniet oor die behoefte om ’n daadwerklike verskil te maak. ’n Onvergenoegde jong generasie word grootgemaak met die doktrine dat dit hul bestemming is om Suid-Afrika so gou as moontlik te verlaat en in weelde en gemak in ’n ander land te gaan woon. Sal dr. Chris Barnard se nageslag nog hier wees om nog probleme raak te sien en ook ’n verskil te maak? Indien nie, was dit ’n futiele gebaar van hul oupa om Suid- Afrika aan die voorpunt van mediese ontwikkeling te posisioneer. Dawie Roodt, vooraanstaande ekonoom, is onlangs in sy huis beroof en aangerand, en het daarby in alle Suid-Afrikaanse terme ’n geldige verskoning om te emigreer. Toe vriende die moontlikheid van emigrasie by hom opper, stel hy egter vanuit sy hospitaalbed sy drie-punt-plan bekend om ekonomiese groei te bevorder en daarby misdaad te bekamp. Mense soos Roodt, wat al lankal besef het dat selfbelanghebbende ontsnapping van probleme nie ’n opsie is nie, het egter skaars geword – hiervan kan, byvoorbeeld, die swak onderwysstelsel en ander staatsdienste luidkeels getuig. Bekwames besluit toenemend om nie verder oplossings vir probleme in die staatsdiens te soek nie en daarby ’n verskil in die gemeenskap te maak nie. Alhoewel die staatsdiens op topbestuursvlak weliswaar skipbreuk ly, is dit juis die onbereidwilligheid van be- kwames om werklik ’n verskil te maak, wat Suid-Afrika kan kelder. “Om ’n verskil te maak” impliseer nie noodwendig om die prestasie van Edison en Barnard te ewenaar nie, maar eerder dat elke persoon, in sy/haar individuele lewensloop, bereid moet wees om dienstig te wees aan dié land, wêreld en sy mense en om onbaatsugtige opofferings te maak wanneer dit sou nodig wees. Dit is ons verskuldig aan ons voorouers, sowel as aan ons nageslagte en ons behoort dit te doen om geregtigheid te gee aan die definisie van Homo sapiens – “Voog van die Aarde”. (CREATIVE ESSAY)
Jou toekomspad Jean van der Merwe 12B
Die mens is gebore gewoontediere. Elke oggend staan ons op en maak reg vir skool of werk. Ons gaan skool toe, werk toe, en weer terug huis toe net om dieselfde roetine die volgende dag te herhaal. Ons is so vasgestel om binne die roetine te bly en die toekomspaadjie, wat reeds deur ons voorgangers uitgetrap is, te volg dat ons skoon vergeet daarvan dat elkeen van ons in staat is om sy eie paadjie uit te trap. Sommige van ons is gebore in staat om ’n leier te wees, ander verkies eerder om ’n volger te wees. Die wêreld soos ons dit leer ken het sou nie dieselfde gewees het as elke persoon maar net in sy voorganger se paadjie geloop het nie. Ek en jy sou heel moontlik nie eers van mekaar geweet het nie. Vir die meeste van ons is dit nie eers nodig om veel ver- der as jou broek- of baadjiesak te soek vir ’n voorbeeld nie. Natuurlik verwys ek na die raakskermslimfoon wat jy in jou sak het. Dit het alles begin toe Steven Jobs, die tegnologie-pionier van ons era, besluit het dat hy sy eie toekomspaadjie gaan uitloop. Hy het ’n droom gehad en ten spyte van baie kritiek het hy voortgegaan om sy droom ’n realiteit te maak. Hy het dit reggekry om die wêreld totaal en geheel en al te verander met sy droom. Vir nog ’n voorbeeld hoef jy nie eers verder te dink as die lig wat jy gebruik om hierdie skryfstuk in die donker te lees nie. Thomas Edison het net soos Steven Jobs ’n droom gehad. Hy het ’n 1 000 maal probeer om ’n lig te ontwerp wat miljoene mense se lewens sou verge- maklik. Hy het ’n 1 000 maal gefaal in sy doel. Hy het egter bly uittrap aan sy eie paadjie en het eindelik met probeerslag 1 001 sukses behaal. Hy het die wêreld ver- ander omdat hy bereid was om sy eie toekomspaadjie uit te trap. Om jou eie paadjie uit te trap verg harde werk en baie goeie deursettingsvermoë. Ons as mens is meestal geneig om die kortste en maklikste pad te kies. ’n Pad wat reeds deur ons voorgangers uitgetrap is. Dalk is dit tyd dat ons ’n bietjie terug sit en die wêreld uit ’n ander perspektief aanskou. Soos die wyse Waldo Ralph Emerson gesê het: “Moenie gaan waar paaie jou heen lei nie; loop eerder waar daar geen pad is nie en laat ’n spoor vir iemand wat nie weet waarheen nie.”
74
Made with FlippingBook - Online magazine maker