BOISHAAIER 2015

SKRYFSTUKKE

Kom ek vertel jou my storie

Willem Moore 12B

mond wat praat. Ek is my pa se oë is gefokus, maar agter my gordyne skuil daar ook ’n bietjie pyn, ’n bietjie hartseer. Ek is my ma se ore wat luister en my pa se mond wat praat. Ek is my pa se oë wat sien en my ma se hande wat voel. Ek is die geluk en die humor, maar ek is ook soms die hartseer en die pyn. Mense probeer wyn verduidelik met geure en teksture of manjifieke en eksentrieke woorde – metafore – hoe jy dit probeer verduidelik – is jou saak. Ek is die wyn waarvan almal nie hou nie, en mag dalk te sterk proe as jy my eers ontmoet. Ten spyte van alles, my wyn is ’n chroniese verslawing wat almal gaan oorleef.

Ek sien my ouers daar staan in die warm De- semberse son voor die die groot groen hekke van hulle alma mater. Hy kyk vir haar; sy kyk vir hom en met hulle glimlagte skemer daar ’n sprankelende verliefdheid deur. Terwyl hulle stap luister hulle na die harmonieuse en me- lodieuse gefluit van die voëltjies en is opge- wonde vir die pad vorentoe – hulle lewe saam. Ek sien my ma daar staan met haar donker- bruin hare en grasgroen oë vol lewe. Haar olyfkleurige vel voor oor sagte lyne op haar gesig en klein plooie in die hoeke van haar oë bind dit alles bymekaar. Ek hoor die bekende stem en luister na hoe haar lag almal se harte warm maak. Haar sagte hande neem syne en sy fluister iets in sy oor. Hy glimlag vir wat sy gesê het; sy glimlag want sy weet hy verstaan presies hoe lief sy vir hom geraak het.

Ek sien my pa daar staan onder die groot eiekebome en sy swart hare maak ’n effense skaduwee oor sy vasbeslote gesig. Die blou van sy oë is soos ’n gordyn wat toegetrek is en waaragter al die akteurs van sy hartseer en pyn wag vir hul opvoering. Hy is die stem in die massas. Hy is die vertroue in die harte. Ek is, en sal altyd wees – die mengsel van die twee. Ek is die verouderde rooiwyn met my ouers se geure saamgeflans in perfekte har- monie. Ek is my ma se glimlag en die sprankel in haar oë. Ek is die liefde wat ander al so goed leer ken het. Ek het op ’n manier ook my pa se oë. Sy oë is gefokus, maar agter my gordyne skuil daar ook ’n bietjie pyn, ’n bietjie hartseer. Ek is my ma se ore wat luister en my pa se

Dit is tydloos. Dit is magtig.

Kinders van die Moederland Robbie la Grange 12B

Serving your community can never be wrong By Michael van der Berg (Grade 11D)

Ons word in ’n ongenaakbare wêreld groot. Sommige van ons leef vir die plesier, ander omdat daar mense is wat op ons staatmaak. Ons is ’n kleurvolle massa drome. Elke kind se dag, so verskillend en tog so eenders. Boipele Ihejirika word wakker, haar oë vol pyn en seer. Gister was sy net nog ’n vriendelike 14-jarige meisie van Chipok in Borno State, Nigerië. Vandag is sy in die poorte van die hel. Sy is een van 276 vermiste vroulike studente, ontvoer deur die Islamitiese militantegroep, Boko Haram. Sy word geforseer om Islam as haar geloof aan te neem. Sy is nou getroud met ’n lid van Boko Haram. Haar oë vang ’n vinnige blik op ’n televisie waar Nigerië se president, Goodluck Jonathan, praat oor die ontvoering. Haar vriendinne word langs haar vermoor as hul ongehoorsaam is. Sy gaan slaap met haat in haar hart en trane in haar oë. Robbie la Grange word op dié Dinsdag wakker, veels te warm na sy smaak. Hy trek aan, eet sy pap en loop toe-oog skool toe. Hy worstel deur sewe periodes terwyl hy eintlik aan ’n beter lewe dink. Hy is kwaad vir sy vriende en hy wonder hoekom sy meisie hom gelos het. Hy het baie werk om te doen. Hy gaan slaap wakker en staan moeg op. Die lewe skuif aan soos ’n bom wat aftik, die smaak van soet- verlossing op sy tong. Kagiso Nkechi skrik wakker van sy broer Mosegi se gille. Die lewe is moeilik nadat hule ouers verlede jaar aan Vigs dood is. Hy en Mosegi leef saam met hul twee susters, so twee uur se stap buite Gabarone. Die Pula is sterk, maar net minder toeganklik vir Kagiso. Hy maak gisteraand se pap warm vir ontbyt. Hy is veel ouer as wat sy 16 jaar voorstel. Bedags loop hy stad toe. Hy tel inkopies op met die geld wat hy verdien as ’n “tutor” in sy gemeenskap. Met die orige geld neem hy ’n taxi terug huis toe. Hy wonder hoe sy broer en sy susters se dag was. Dumela Ra, groet hy soos hy die taxi verlaat. Hy raak aan die slaap sodra sy kop die kussing raak. Abduwali Muse werk van sonop tot saans laat in Mogadishu, die hoofstad van Somalië. Sy ouers is dood of weg. Hy is honger. Sy ribbes voel of dit uit sy vel gaan bars. Elke dag word hy opgelaai om te gaan werk op die hawe waar hy heeldag swaar sakke van skepe laai. Geen inkomste, geen geluk. Die dood wink soos ’n vriendelike uitkoms. Arthur Mbengu se geweer val langs hom. Hy skrik wakker. Hy moes daarmee aan die slaap geraak het. Hy staan saam met die ander seuns op. Hulle ouderdomme strek van so 11 tot 17 jaar. Hul is diep in die oerwoud besig om in die nimmereindigende oorlog van die Demokratiese Republiek van die Kongo te veg. Die dooies word deur die honde opgevreet. Arthur is ’n lid van die M23-rebelle wat net buite Goma gestasioneer is. Elke dag gaan hul na dorpies om hul skrikbewind voort te sit. Die meisies word verkrag en geslaan. Hy neem nie deel nie, maar hy sê niks nie. Hy het al te veel boosheid beleef om te glo dat daar nog iets goeds in die wêreld bestaan. Hul veg blykbaar vir vrede, maar die vermoorde families sal nie hiervan kan getuig nie. Die eerste keer toe hy iemand skiet, was hy bang. Nou doen hy dit gemaklik. Die rooi are in sy oë is opmerklik, soos ’n donkerte wat hom oorneem. Hy sit sy hand oor sy mond. Die honde is weer losgelaat! Daar is goed in dié wêreld en daar is sleg. Die lig en die donker. Ek wonder oor my kanse vir plek op Universiteit. Abduwalie gee nie om of hy môre nog lewe nie. Ons is Afrika se jeug. Ons streef na verskil- lende goed, sommige meer volwasse as ander. Ons is more se manteldraers van hierdie passievolle en gevaarlike kontinent. Ons bepaal die toekoms van ons mense. Ons is die jeug van ons Moederland.

I believe that serving one’s community cannot possibly be wrong in any way. I am a volunteer working for an organ- isation known as The Teen Commu- nity Serving Squad . We do community service all over Paarl, from the rich to the poor. One can serve the community in count- less ways, from picking up litter and throwing it I the trash can, to even helping your neighbours look after their dog for the weekend, when they go on holiday. Community service is not only beneficial for the community, it is also beneficial for the people who do community service. Many studies have shown that focusing on someone else and making their lives easier actually reduces stress; so not only are you do- ing your community a favour, but also doing a favour for yourself! To achieve optimal community service results, you need to join a team of volunteers who share similar goals. The skills and values you learn from your team mates and also living it out day by day can encourage the rest of the com- munity to serve others and help make a difference. So, no matter what you do to serve your community it cannot be viewed as a wrongdoing, as you help others and evidently help yourself. (COMMUNITY LETTER)

73

Made with FlippingBook - Online magazine maker