BOISHAAIER 2015

TENNIS

TENNIS 1STE SPAN Agter:

Wikus Venter, Hanru Albertyn, Altus Karsten

Voor:

Hanro-Daniël van der Merwe, mnr. E Bester, Du Randt Lategan

TENNIS

Altus Karsten (gr. 11) het in Mei 2014 aan sy eerste ITF- (International Tennis Federation) toernooie begin deelneem en het sedertdien sy posisie op die wêreldranglys baie verbeter. Hy het in 2015 ook aan verskeie internasionale toernooie deelgeneem, onder andere in Mauritius en Namibië. Altus het tydens twee toernooie deurgedring tot die kwarteindrondes in die enkels en halfeindronde in die dubbels. Sy SA posisie op die internasionale o.18-ranglys is nr. 10. Altus is ook uitgenooi om in Oktober aan die Tennis South Africa Masters o.18-toernooi deel te neem waar die 16 topspelers in die land teen mekaar meeding. Hy vertrek in November na Amerika waar hy by die wêreldbekende Bollitieri Tennis Academy sal oefen en aan verskeie toernooie sal deelneem. Hanro-Daniel van der Merwe (gr. 10) het gedurende die Maartvakansie aan die interprovinsiale toernooi in Pretoria deelgeneem waartydens hy vir die SA Skole o.15-span gekies is. Hanro-Daniel het gedurende die Junievakansie saam met die span na Engeland getoer. Die volgende spelers is in die onderskeie Boland-spanne opgeneem: Gielie van Schoor (o.19A nr. 4), Altus Karsten (o.17A nr. 1), Wikus Venter (o.17A nr. 2), Hanro-Daniel van der Merwe (o.15A nr. 1), Du Randt Lategan (o.19B nr. 2), Hanru Albertyn (o.17B nr. 2) en Wynand Hattingh (o.15B nr. 4). Verskeie seuns het ook baie goed gedoen by SATA-toernooie waar

Met ingang van 2015 is Edge Tennisakademie gekontrakteer om die tennisafrigting by HJS te hanteer. Edge tennisakademie is een van die top- tennisakademies in Suid-Afrika. Pascal Guebert, owner, and Niel Koch have been working with the players at Boys’ High four days a week, all year round. They have implemented their training programme to the Boys’ High tennis system with great effect. School players have now been exposed to a performance squad programme coupled with the private lesson combination that is geared to create results. In 2015 Edge has had an opportunity to view the current system objectively and from 2016 some changes will be introduced to the training programme that will sustain competitive tennis in the long term for tennis at Boys’ High. Edge aims at offering tennis players at Boys’ High the professional experience that will lead to the opportunity to compete with the best schools in the country. Ons tennisspanne het gedurende 2015 aan verskeie toernooie deelgeneem en dan ook vyfde geëindig by die Gerrie Berner-toernooi in Stellenbosch, waar twaalf van SA se topskole deelgeneem het. Tydens Interskole-tennis wat vanjaar by Paarl Gimnasium plaasgevind het, het HJS nege tennisspanne ingeskryf waarvan sewe spanne gewen het. Ons eerste span het 9 – 0 gewen en ons o.15A’s met 5 – 1. Tennistoere na onder andere Sun City, Bloemfontein en Cradock (waar ons eerste span die trofee gewen het) het die spelers die geleentheid gegee om teen ander skole in die land te kompeteer. HJS-tennisspelers kompeteer ook op nasionale en internasionale vlak.

Samuel Townes die WP Mini-reeks gewen het. Ons sien uit na ’n opwindende tennisjaar in 2016.

75

Made with FlippingBook - Online magazine maker