BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF

HOOFSTUK 7

FIGUUR 28: Akute K-tekorte lei tot ongelyke rypwording van korrels (Foto: D. Saayman).

Kalium speel nie net ’n belangrike rol in korrelgroei en akkumulasie van suiker nie, maar ook in die proses van die vorming en akkumulasie van kleurpigmente. Aan die ander kant is daar ook oortuigende bewyse dat ’n oormaat K-bemesting geen bydrae tot verbetering van kleur maak nie (Morris et al .,1980; Morris et al ., 1982). Om die waarheid te sê, ’n oormaat K in die sap van rooi druiwe is daarvoor bekend dat dit die intensiteit van die kleur benadeel (Morris et al ., 1982; Mpelasoka et al. , 2003). Die rede hiervoor is dat K die wynsteensuur laat presipiteer en dus die wynsteensuur:melksuur- verhouding in die korrels se sap verlaag. Wynsteensuur is ’n sterker suur as melksuur (Rühl, 2000). Die gevolg is dat die pH van die sap verhoog en kleurpigmente na ’n ligter skakering verander, terwyl die smaak ook verander. Wynsteensuur het ’n varser smaak as melksuur. In ’n eksperiment in die Paarl is gevind dat ’n oormaat K-bemesting wel suikerakkumulasie van Prime effens versnel het, maar daar was ook tekens dat dit die voorkoms van interne verbruining verhoog het (Raath, 2012). Omdat K so ’n mobiele element is, is dit algemeen dat pogings aangewend word om trosse se K-konsentrasies deur middel van blaarbespuitings te verhoog. Indien daar deur middel van ’n geskikte bemestingsprogram verseker word dat die stokke nie ’n K-tekort ervaar nie, sal die moontlike bydrae wat hierdie K-spuite tot bevordering van rypwording en kleur kan maak, dus weglaatbaar klein wees. Vir stokke wat voldoende met K gevoed is, sal K geredelik vanuit die blare na die trosse getranslokeer word. KALS I UM Kalsium speel ’n uiters belangrike rol tydens die korrel se seldelingsfase en inisiële korrelontwikkeling, veral sover dit die vorming van die wande en membrane van nuwe

BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF | 99

Made with FlippingBook - Online magazine maker