BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF
selle aangaan. ’n Tekort aan Ca tydens die korrel se seldelingsfase sal dus tot sub- optimale korrelontwikkeling (bv. klein korrels) aanleiding gee. Verder is Ca ook betrokke by die funksionering van selmembrane, o.a. om die beweging van K deur selmembrane te bevorder en om skadelike stowwe buite te hou. Opgaring van Ca verlangsaam egter nader aan deurslaan en hou heeltemal op sodra die korrels na deurslaan begin sag word (Figuur 29). Dit hou verband met die afname van sapvloei in die xileem (Possner & Kliewer, 1985; Creasy et al ., 1993). Weens korrelgroei is daar dus ’n daling in die Ca-konsentrasie van die korrelweefsels (Figuur 29) – dit is die gevolg van verdunning wat voorkom soos die korrelselle uitsit (Donèche & Chardonnet, 1992). Tydens rypwording vind daar ook ingrypende veranderinge in die selle van die korrelweefsel plaas, sover dit die selstruktuur aangaan. Hierdie veranderinge word teweeg gebring deurdat pektiene toenemend oplosbaar raak namate die korrel se Ca-konsentrasie daal. Soos ook hierbo vir kalium bespreek, is die gevolg ’n verval van selwande om voortgesette korrelgroei (deur uitsetting van die individuele selle) toe te laat (Poovaiah et al ., 1988). Fisiologies dra Ca dus nie by tot verhoging van korrelfermheid, of om korrels se houvermoë noemenswaardig te verbeter nie. Wydverspreide navorsing het dan ook geen bewyse gevind dat addisionele blaar- en trostoedienings, of ’n fokus op Ca-bemesting om druifgehalte te verbeter, tafeldruiwe se houvermoë bevoordeel nie.
Kalsiuminhoud van die korrel
Kalsiumkonsentrasie van korrelweefsels
0.7
700
0.6
600
Deurslaan r laan
Dop Vleis
0.5
500
0.4
400
0.3
300
0.2
200
Ca-konsentrasie (mg/100g droë massa)
Ca-inhoud (mg/korrel)
0.1
100
Deurslaan e rsla n
0
0
0
20
40 60 Dae na blom
80 100
0
20
40 60 Dae na blom
80 100
Figuur 4. Verandering van kalsiuminhoud en -konsentrasie in Prime Seedless-korrels vanaf blom tot oes (Raath, 2012). FIGUUR 29: Verandering van kalsiuminhoud en -konsentrasie in Prime Seedless-korrels vanaf blom tot oes (Raath, 2012).
Die ontwikkeling van die sogenaamde “kalsiumring” (Figuur 30), ’n term wat algemeen in Chili gebruik word, het egter niks met ’n hoër Ca-konsentrasie/inhoud in die korrels te doen nie. Dit blyk meer verband te hou met die effektiwiteit en tempo van opgaring van suiker en elektroliete wat die turgiditeit van die selle in die vleis bevorder (Du Plessis, 2008). Die ontwikkeling van die sogenaamde “kalsiumring” (Figuur 5), ‘n term wat algemeen in Chili gebruik word, het egter niks met ‘n hoër Ca-konsentrasie/inhoud in die korrels te doen nie. Dit blyk meer verband te hou met die effektiwiteit en tempo van opgaring van suiker en elektroliete wat die turgiditeit van die selle in die vleis bevorder (Du Plessis, 2008).
100 | DIE VERWANTSKAP TUSSEN BEMESTING, DIE VOEDINGSTOFSTATUS VAN ’N WINGERD EN DRUIFKWALITEIT
Made with FlippingBook - Online magazine maker