BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF
BLAARVOED I NG Plante voed primêr deur hul wortels. Daarom word klem gelê op die optimalisering van die wortelsone vir die opname van voedingstowwe. Blaarvoeding is egter ’n nuttige hulpmiddel om plante in staat te stel om optimaal te funksioneer, veral indien chemiese wanbalanse in die wortelsone voorkom of omgewingstoestande ongunstig is. Situasies waar blaarvoeding ’n groot positiewe bydrae kan lewer, sluit die volgende in: • Lae grondtemperature – in die vroeë lente wanneer die grond nog koud is en aktiewe wortelgroei nog nie begin het nie, is blaarvoeding die aangewese manier om die stokke van voedingstowwe te voorsien. • Na-stres-behandelings – die nadelige effek van ekstreme omgewingstoestande, soos uitermatige hitte of koue, ryp, ens. kan met blaarvoedings bekamp word. • Regstellings van voedingstekorte – tekorte van veral spoorelemente kan in die seisoen reggestel word. • Ongunstige chemiese toestande in die grond – waar chemiese wanbalanse, bv. hoë pH, die opname van voedingstowwe veral spoorelemente belemmer, kan blaarspuite gebruik word om die tekorte reg te stel. • Voorsiening van voedingstowwe waar wortelstelsels beskadig of geïnfekteer is. Die effektiwiteit van die blaarvoedings kan verhoog word deur die byvoeging van produkte wat planthormone soos sitokinien en ouksien bevat. Baie van die blaarvoedings bevat reeds hierdie produkte.
92 | PRAKTIESE RIGLYNE VIR DIE IMPLEMENTERING VAN DIE BEMESTINGSPROGRAM
Made with FlippingBook - Online magazine maker