BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF
voedsel vir mikrobes. Die mees effektiewe manier van benutting is om dit direk vanaf die kelder uit te ry na swak kolle of jong stokke. Daar is geen voordeel om dit eers op hope te “verouder” of te komposteer nie. Kompostering is ’n natuurlike proses wat in elk geval in die wingerd plaasvind. Op hierdie manier word addisionele hanteringskostes uitgeskakel, en verder is kompostering op plaasvlak oor die algemeen nie effektief nie. Die samestelling van verskeie organiese materiale word in Tabel 30 aangedui.
TABEL 30: ’n Tipiese chemiese samestelling van organiese materiale.
Ekstraheerbare voedingstowwe
N
C
P K Ca Mg Na Mn Cu Fe Zn B
Weerstand Vog
Materiaal
pH
% %
%
mg kg –1
Ohm g/kg Druiwedoppe 7.0 120 43 1.7 0.2 0.7 1.4 0.2 797 72 0.6 106 89 8.2 25 Beesmis 8.0 90 58 1.8 0.5 0.9 0.8 0.3 2 159 94 12.4 272 272 9.0 36 Hoendermis 7.1 50 13 3.9 0.9 2.2 0.8 0.5 5 021 312 13.4 453 453 26.5 37 Kompos 7.6 70 70 0.9 0.2 0.6 1.3 0.2 1 158 209 0.8 92 91 7.1 18 MI KROFYN KALK EN G I PS Mikrofyn kalk en gips is relatief nuwe produkte. Dit is beskikbaar as korrels, poeiers en suspensies en die fynheid van die produkte wissel van 5 – 50 mikron. Omdat dit so fyn is, kan dit in suspensie saam met die water deur die grond perkoleer tot in die wortelsone. Die baie klein partikelgrootte beteken dat die reaksie-oppervlak baie groter as dié van standaardkalk- en standaardgipsprodukte, en chemiese reaksies in die grond kan dus baie vinniger plaasvind. Om hierdie rede moet dit oordeelkundig gebruik word, veral kalk wat die grond se pH sal beïnvloed. Die produkte het die volgende toepassings: • Aanvulling van Ca in die wortelsone • Opheffing van versuring onder druppers en mikrospuite • Loging van Natrium uit die wortelsone Die mikrofyn produkte kan egter nie kalk en/of gips met grondvoorbereiding vervang, of waar kalk- of gipstoedienings benodig word vir regstellings oor die volle oppervlak van die wingerd nie. Omdat die produkte so fyn is, is dit baie reaktief. Groot verskuiwings in Ca-konsentrasie en/of pH kan dus oor ’n kort tydjie plaasvind. Daar is min navorsing hieroor gedoen en dit is dus moeilik om dit te kwantifiseer. Juis omdat die reaksies so vinnig en volledig verloop, word die stadigvrystellende effek van die growwer produk verloor. Vir langtermyngewasse is die handhawing van gunstige pH- en Ca-konsentrasie oor tyd, baie belangrik.
90 | PRAKTIESE RIGLYNE VIR DIE IMPLEMENTERING VAN DIE BEMESTINGSPROGRAM
Made with FlippingBook - Online magazine maker