BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF

HOOFSTUK 6

is. Omskakeling van Cl − (in die gereduseerde toestand) na OCl − (waar die Cl + in die geoksideerde toestand is) kan nie in grond gebeur nie, weens die groot hoeveelheid energie wat daarvoor benodig word (vandaar die nodigheid vir ’n elektrolise- elektrode in swembaddens om Cl − in swembadsout om te skakel na Cl + in OCl − ). Daar bestaan dus geen logiese rede waarom die gebruik van KCl weens die beweerde steriliserende effek wat dit op grondlewe het, ontmoedig kan word nie. ORGAN I ESE MI SSTOWWE Verskeie organiese materiale kan gebruik word as ’n voedingstofbron. Die algemeenste is (i) mis, (ii) kompos en (iii) druiwedoppe en -pitte. Weens die lae voedingstofkonsentrasie van hierdie materiale word relatief groot volumes benodig om aan die wingerd se voedingsbehoeftes te voldoen. Let ook daarop dat die voedingstowwe in die onderskeie bronne in relatief konstante verhoudings voorkom, bv. braaikuikenmis 3.5% N, 1% P, 2% K. Hierdie verhoudings is nie altyd optimaal vir ’n spesifieke plant/grond-kombinasie nie, en hoë/langdurige toedienings kan lei tot die ontstaan van wanbalanse in die grond. Dit is veral P en K wat tot onnodig hoë vlakke in die grond kan opbou. Toedienings van organiese misstowwe moet dus, net soos anorganiese bemesting, verantwoordelik bestuur word. Organiese misstowwe het egter ’n positiewe impak op die mikrobe-aktiwiteit in die grond. Behalwe dat dit self ryk is aan mikroörganismes dien dit ook as voedingsbron vir organismes wat reeds in die grond is. Daar is ’n toenemende besef van die belangrikheid van ’n gesonde diverse mikrobelewe in die grond, ook in terme van plantvoeding. Om hierdie rede word ’n organiese komponent toenemend deel van bemestingsprogramme. Indien die toediening (mis/kompos) in die lente gemaak word, is ’n paaiement van 1 ton per hektaar op die stokry voldoende. Die N-toediening is ongeveer 10 kg N vir 1 ton kompos. Verder beloop 1 ton kompos omtrent 2,5m 3 organiese materiaal wat ’n meetbare verskil kan maak indien dit op die stokry gekonsentreer word. ’n Ton hoendermis, aan die ander kant, bevat ongeveer 35 kg N, wat teen 50%-beskikbaarheid in die eerste jaar, genoeg is vir die helfte van die naoes-N-bemestingspaaiement. Afhangend van die grond se chemiese ontleding, kan die toediening gekombineer word met onderhoudstoedienings van gips en/of kalk. Herfstoedienings van mis of kompos is die effektiefste indien dit gebruik word in kombinasie met die vestiging van die dekgewas, waar dit dan in die werkrye uitgesaai word. Om in die voedingsbehoeftes van die dekgewas te voorsien word toedienings van 3 tot 5 ton ha –1 benodig. Ook hier kan dit gekombineer word met kalk- en/of gipstoedienings, om die toediening van klein volumes kalk en gips te vergemaklik. Gereelde toedienings van kalk werk versuring teen, en skakel dus regstellende onderhoudsbekalking uit. Dit is ook ’n stadigvrystellende bron van Ca en Mg (35% Ca in kalsiet en 25% Ca + 12% Mg in dolomiet). Gips, aan die ander kant, verbeter waterinfiltrasie en is ook ’n bron van Ca (22%) en S (18%). Die gebruik van druiwedoppe hou geen nadele in nie. Dit is ’n bron van organiese materiaal en NPK, alhoewel in lae konsentrasies. Dit bevat ook nog suiker wat dien as

BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF | 89

Made with FlippingBook - Online magazine maker