BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF

die drupsone belemmer word. Grondtipe (tekstuur) moet in ag geneem word wanneer daar besluit word oor die grootte en tydsberekening van kunsmistoedienings. Let wel dat alle ammoniumbevattende misstowwe tot grondversuring bydra, selfs ook KAN wat 20% kalk bevat. Sonder bewerking beweeg kalk baie stadig in die grond en die doeltreffendheid van neutralisering van versuring, waar kalk slegs op die oppervlak uitgesaai word, is dus twyfelagtig. Die gebruik van mikrofyn kalk mag dalk ’n oplossing hiervoor bied, aangesien die kalkdeeltjies in suspensie saam met die water die grond kan infiltreer en tot in die wortelsone kan perkoleer. Die verspreidingspatroon en effektiwiteit van hierdie tipe kalk moet egter nog gekwantifiseer word. Verhoging in soutlading ’n Tydelike verhoging in soutlading kan binne die wortelsone verkry word na ’n bemestingstoediening. Die onderstaande data (Tabel 29) uit ’n laboratoriumeksperiment onderstreep die effek van kunsmis op die soutbalans in die wortelsone. Die grootte van bemestingspaaiemente moet dus noukeurig bestuur word. 1 880 Notas: ’n Ekwivalent van 40 kg K per ha is toegedien as 100 kg per ha K 2 SO 4 . Daar is aangeneem dat ’n onmiddellike souteffek op die boonste 75 mm grond verkry word. Dus was die toediening ’n ekwivalent van 0.1 g K 2 SO 4 per kg grond (100 kg per ha voloppervlaktoediening). Die toets is op ’n hoogs geloogde grond gedoen. Tekstuur en % klip sal ’n effek op die intensiteit van die grond se reaksie hê. Grondbiologie Navorsing om die impak van bemesting op gondbiologie te ondersoek het tot op hede uiteenlopende resultate opgelewer. Daar word egter aanvaar dat kunsmis die diversiteit van grondbiologie verlaag, weens die impak op grond-pH en korttermyn- “sout-effekte”. Met verwysing na die kritiek wat in sekere geledere oor die gebruik van KCl as bemestingstof uitgespreek word, is dit egter nodig om uit te lig dat daar ’n enorme verskil is tussen ’n chloriedioon (Cl − ) wat in oplossing vry in water voorkom, of in die grond in assosiasie met K of Na, en chloor wat in die hipochloried- (OCl − -)ioon voorkom. Laasgenoemde is die vorm wat ’n steriliserende effek het. Die oksidasiestatus van chloor in Cl − en in OCl − verskil dramaties, met e.g. wat ’n ekstra elektron bevat, teenoor laasgenoemde se Cl-atoom wat ’n elektron afgestaan het en dus positief gelaai TABEL 29: Die effek van K 2 SO 4 -toediening op grond in ’n laboratorium eksperiment by Bemlab. Periode na inmenging van produk EC – versadigde pasta (mS m –1 ) Weerstand (ohm) Kontrole 100 kg K 2 SO 4 per ha Kontrole 100 kg K 2 SO 4 per ha Direk na inmenging en benatting 8.99 24 h na inmenging en benatting 8.53 16.72 18.79 5 680 6 000 2 420

88 | PRAKTIESE RIGLYNE VIR DIE IMPLEMENTERING VAN DIE BEMESTINGSPROGRAM

Made with FlippingBook - Online magazine maker