BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF

Let daarop dat in Europa en die VSA, P en K onderskeidelik as P 2 O 5 en K 2 O uitgedruk word. Om hierdie formaat na die enkelelemente om te skakel moet die volgende faktore gebruik word: P = 0.436 x P 2 O 5 K = 0.83 x K 2 O Omdat drupstelsels nie korrelprodukte effektief in die grond kan inwas nie, het die toename in die gebruik van drupbesproeiing tot ’n afname in die gebruik van korrelkunsmis gelei. Vir hierdie stelsels word wateroplosbare of vloeibare bemestingsprodukte verkies. Mikrospuite het die voordeel dat dit effektief is vir die inwassing van bemesting in enige vorm. Waar dekgewasse in die wingerdrye gevestig word, is korrelkunsmis egter steeds die primêre produk vir bemesting. Voorbeelde van anorganiese produkte wat algemeen gebruik word, word in Tabel 28 verskaf.

TABEL 28: Chemiese samestelling (%) van sommige anorganiese misstowwe wat algemeen gebruik word.

Produk

N P K S Ca Produk

N P K S Ca

Kaliumchloried KCl Kaliumsulfaat K 2 SO 4

50

UAN 32

32

40 16

AN 21

21

Ammoniumsulfaat (NH 4 ) 2 SO 4

Kalsiumnitraat Ca(NO 3 ) 2 Kaliumnitraat KNO 3

21

24

15.5

19-21

MAP(33) NH 4 H 2 PO 4 Ureum(46) (NH 2 ) 2 CO

11 22

13

37

Dubbelsuperfosfaat (20)

20

46

KAN(28) NH 4 NO 3

Calfos 14 Rotsfosfaat

28

14

35

Wateroplosbare produkte – wateroplosbare kunsmis het dikwels dieselfde chemiese samestelling as korrelkunsmis. Die gebruik daarvan neem egter toe a.g.v. die volgende redes: • maklike toediening deur besproeiingstelsels • hoë konsentrasies, d.w.s. ’n besparing op vervoerkostes • plasing van die voedingstowwe in die wortelsone/drupsone • ’n verskeidenheid van mengsels om spesifieke behoeftes aan te spreek en dus bestuur te vergemaklik.

86 | PRAKTIESE RIGLYNE VIR DIE IMPLEMENTERING VAN DIE BEMESTINGSPROGRAM

Made with FlippingBook - Online magazine maker