BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF
bemestingsbehoefte van elke blok te bereken. Ten einde te verseker dat bemesting op ’n verantwoordelike en volhoubare manier toegedien word, moet besproeiing, grondtipe en die ekologie/klimaat in ag geneem word. IMPLEMENTER I NG VAN BEMESTI NGSPROGRAM Vir die implementering van ’n bemestingsprogram is daar veral vier aspekte wat in ag geneem moet word: Regte produk – produkkeuse word gebaseer op die behoefte van die plant-grond- sisteem, die produsent se bestuurspraktyke en die aard van die produksiesisteem. Die produkte wat tot beskikking van produsente is, sluit die volgende in: Korrelkunsmis, wateroplosbare kunsmis, vloeibare kunsmis, stadigvrystellende kunsmis, verrykte organiese misstowwe, mis, kompos en blaarvoeding. Die produkte kan ’n enkele voedingselement, bv. N, P of K bevat, of dit kan ’n kombinasie van NPK en selfs spoorelemente bevat. In hierdie saamgestelde produkte kom daar verskillende kombinasies van elemente voor, wat produsente in staat stel om produkte met die korrekte voedindingsbalanse vir sy spesifieke behoeftes te kies. Die produkte wat gebruik word, sal afhang van die hoeveelheid van elke element wat benodig word, sowel as die bemestingsbenadering. Waar P, K, Ca en Mg toegedien word om tekorte in die grond reg te stel, sal die gebruik van enkel-element-kunsmisstowwe meer prakties en goedkoper wees. Mengsels, aan die ander kant, mag baie nuttig wees waar onderhoudsbemesting met N en K gereeld geskied, of waar P dalk ook gereeld toegedien moet word. ’n Goeie kennis van die onderskeie produkte en hul eienskappe is dus nodig ten einde die beste keuse te maak en nie die program onnodig te kompliseer nie. Die verskillende produkte word later breedvoerig bespreek. Regte aantal paaiemente – die konsentrasie van die voedingselemente in die ondeskeie bemestingsprodukte bepaal die grootte van die toedieningspaaiement. Dit moet egter gekorreleer word met grondtipe, besproeiingstelsel, bestuurspraktyke van die produsent en natuurlik die wingerd se voedingsbehoefte. Die jaarlikse opname van elk van die elemente word breedvoerig in Tabel 8 van Hoofstuk 5 verskaf, tesame met die kommentaar dat hierdie behoefte nie in alle gevalle as die totale hoeveelhede wat jaarliks toegedien moet word, gesien moet word nie. Daar is verskillende aspekte wat in ag geneem moet word om te voorkom dat foute gemaak word, naamlik: • Groeikragklassifikasie – soos in Tabel 12 van hoofstuk 5 gedefinieer – moet die bepalende faktor wees om die vlakke van N-bemesting te rig. • Gereelde grondanalise – dit dui die status van die chemiese balanse in die grond aan. Tekorte en oormate word geïdentifiseer en kan dan deur die bemestingsprogram aangespreek word. Probleme met nie-optimale grond-pH word ook uitgewys en regstellings kan gemaak word. • Blaaranalise – dit kan as verdere hulpmiddel aangewend word om die wingerd se voedingstatus te kontroleer. • Grondtekstuur – dit bepaal die frekwensie en grootte van die bemestingspaaiemente.
82 | PRAKTIESE RIGLYNE VIR DIE IMPLEMENTERING VAN DIE BEMESTINGSPROGRAM
Made with FlippingBook - Online magazine maker