BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF
HOOFSTUK 6
6 PRAKTIESE RIGLYNE VIR DIE IMPLEMENTERING VAN DIE BEMESTINGS PROGRAM I NLE I D I NG Soos in Hoofstuk 5 beskryf, moet bemestingsprogramme jaarliks hersien word en aanpassings moet op grond van die vorige seisoen se produksie en kwaliteit gemaak word. Blaar- en grondontledingsdata moet gebruik word as basis vir die program, en bemestingspraktyke moet versoenbaar wees met die produsent se bestuurspraktyke. Eksterne tegniese kundiges kan gebruik word om die bemestingsprogram op te stel, maar betrokkenheid van die produsent by die proses van besluitneming hou verskeie voordele in. Hierdie hoofstuk verskaf die nodige riglyne om ’n basiese bemestingsprogram op te stel deur gebruik te maak van die voorafgaande inligting in hierdie boek. Bemesting kan nie los staan van die ander bestuursaksies op die plaas nie. Byvoorbeeld, indien oorbemes word, sal dit oorgeil groei induseer wat addisionele arbeid verg om te beheer, die geil lower sal meer vatbaar wees vir siektes, die luukse lower sal meer water vereis en groter druk op die waterbronne plaas en pompkostes verhoog. Origens sal daar ’n groter risiko van loging van voedingstowwe na die grondwater en die omgewing wees, terwyl vrugkwaliteit, houvermoë, kleur en suiker ook negatief beïnvloed sal word. Die bemestingsprogram is dus ’n riglyn/bestuurshulpmiddel wat aangepas moet word by veranderde situasies wat gedurende die seisoen mag opduik. Aan die hand van die inligting wat reeds in hierdie boek verskaf is, behoort dit moontlik te wees om die BENN I E D I EDER I CKS & P I ETER RAATH
BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF | 81
Made with FlippingBook - Online magazine maker