BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF

van basisblare en daaropvolgende nekrose van blaarrande, met Cl wat blykbaar in hierdie verband meer skadelik as Na is deurdat Cl meer geredelik opgeneem word en o.a. in blaarstele akkumuleer, met waardes van 0.65% en meer tydens blomtyd. Indien die blaarskywe te eniger tyd egter vlakke van 0.50%, en die blaarstele 1.0% oorskry, word verwag dat Cl-toksisiteit sal voorkom (Figuur 25). Die gebruik van KCl word gevolglik nie op brak gronde aanbeveel nie.

FIGUUR 25: Blaarrandskroei as gevolg van brak (Foto: P. Raath).

78 | ONDERHOUDSBEMESTING

Made with FlippingBook - Online magazine maker