BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF
HOOFSTUK 5
OPSOMMI NG Verskille in grondtipes gee aanleiding tot uiteenlopende voedingsbehoeftes in die verskillende tafeldruifstreke en selfs binne streke. In ’n bemestingsprogram moet individuele voedingelementbehoeftes aangespreek word, sodat gebalanseerde groei- en lower-tot-drag-verhoudings verkry word, asook vinnige rypwording van trosse en lote en natuurlik goeie druifkwaliteit. Stikstofbemestingsbehoeftes word hoofsaaklik bepaal deur vegetatiewe groeikrag. Omdat P so stadig in grond beweeg, word P-regstellings elke paar jaar gemaak, waartydens dit tot ’n minimum konsentrasie in die grond verhoog word. Fosfor is egter geneig is om in hoë-pH-gronde vasgelê te word, in welke geval jaarlikse toedienings volgens produksie oorweeg kan word. Vir kaliumbemesting moet die tekstuur van die grond in ag geneem word. As die grond sanderig is, word onderhoudsbemesting toegedien, gebaseer op die verwagte oesgrootte. Kleigronde se K-konsentrasie word reggestel tot ’n minimum norm. Oor die algemeen is Ca- en Mg-bemesting onnodig in gronde waarvan die pH reggestel is, of waar vry kalk voorkom. Regstelling van spoorelemente kan in gronde gedoen word waar die grond-pH optimaal is, hoewel die gebruik van blaarvoeding ook suksesvol aangewend kan word om tekorte aan te spreek.
BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF | 79
Made with FlippingBook - Online magazine maker