BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF
Die norme vir wingerd vir die blaarinhoude van B word in Tabel 26 aangedui.
TABEL 26: Norme vir die B-inhoude (mg kg –1 ) van blaarskywe en -stele van wingerd.
Vrugset
Blaarskywe Blaarstele Minimum Voldoende Hoog Toksies Minimum Voldoende Hoog Toksies 15 30 – 80 100 > 150 25 30 – 60 70 > 100 Deurslaan Blaarskywe Blaarstele Minimum Voldoende Hoog Toksies Minimum Voldoende Hoog Toksies 25 30 – 80 100 > 200 25 30 – 80 100 > 150 Blaarbespuiting met B kan met ’n 0.2 – 0.3% Na-boraat-oplossing ( Solubor -oplossing) gedoen word, terwyl grondtoedienings volgens Tabel 27 oorweeg kan word, mits dit in oplossing eweredig oor die volle grondoppervlak gespuit word, aangesien grondtoediening as riskant beskou word weens die gevoeligheid van wingerd teenoor B-toksisiteite. Toediening moet verkieslik voor plant of na oes gedoen word en grondtoedienings moet liefs nie op sandgrond gedoen word nie.
TABEL 27: Toediening van B-middels om tekorte op te hef.
Hoeveelheid (kg ha –1 ) Boraks Solubor
Graad van B-tekort-simptome of konsentrasie in die grond (mg B kg –1 )
Ligte simptome of 3 mg kg –1 in grond
14 – 18 7.5 – 9
Algemene blaarsimptome of 2 – 3 mg kg –1 in grond
30 – 50 15 – 25
Ernstige simptome of < 2 mg kg –1 in grond
60
30
76 | ONDERHOUDSBEMESTING
Made with FlippingBook - Online magazine maker