BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF
HOOFSTUK 5
FIGUUR 23: B-tekorte lei by ouer blare tot tussennerfse chlorotiese vergeling en oneweredige chlorotiese vlekke, asook tot millerandage-trossse met klein, pitlose korrels (Foto: D. Saayman).
Boortoksisiteite word soms aangetref, met simptome wat in baie opsigte met dié van tekorte ooreenstem. Dit het dun lote met sterk laterale groei en gevolglik ’n bossie- agtige voorkoms tot gevolg. Die oormaat B neig om in blaarrande te konsentreer, waarvolgens die groei van die rande van apikale blare staak en blaartande nie ontwikkel nie, terwyl die middeldele voortgroei sodat die blaar na onder krul en ’n bebobbelde gladderandvoorkoms het (Figuur 24). Op ouer blare ontwikkel nekrotiese spikkels en, soortgelyk aan ’n B-tekort, word afloop en millerandage-agtige korrels veroorsaak.
FIGUUR 24: B-toksisiteit lei tot ’n verlies aan tande en gebobbelde voorkoms van blare (links), asook onreëlmatige chlorotiese vlekke en nekrotiese letsels (regs) (Foto’s: P. Raath (links); D. Saayman (regs).
BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF | 75
Made with FlippingBook - Online magazine maker