BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF
HOOFSTUK 5
FIGUUR 19: Algemene Mn-toksisiteitsimptome (Foto: D. Saayman).
Die norme vir Mn-inhoude van wingerdblaarskywe en -stele verskyn in Tabel 23. Waar tekorte verwag word of voorkom, kan ’n 0.4 – 0.6%-Mn-sulfaatoplossing as blaarvoeding gespuit word. Deur ureum by te voeg (0.5%-oplossing), word die doeltreffendheid van opname verhoog. Die gebruik van Mn-bevattende swambeheermiddels mag sluimerende Mn-tekorte bedwing, maar is nie voldoende in die geval van sigbare tekortsimptome nie.
TABEL 23: Norme vir die Mn-inhoude (mg kg –1 ) van blaarskywe en -stele van wingerd.
Vrugset
Blaarskywe Blaarstele Minimum Voldoende Hoog Toksies Minimum Voldoende Hoog Toksies 10 30 – 60 250 > 650 20 30 – 60 100 > 500 Deurslaan Blaarskywe Blaarstele Minimum Voldoende Hoog Toksies Minimum Voldoende Hoog Toksies 20 30 – 80 300 > 750 20 30 – 60 200 > 1500
BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF | 69
Made with FlippingBook - Online magazine maker