BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF

In gevalle waar die mikro-elementinhoude van grond baie laag is, is dit duur om die “grond te bemes” ten einde ’n bevredigende ontleding te verkry en is die filosofie om eerder te sorg dat voldoende mikro-elemente in die onmiddellike wortelomgewing van die stok aanwesig is. Vir Mn is die aanbeveling dus om 20 kg ha –1 Mn-sulfaat deur die drup-besproeiingstelsel, of in oplossing op die bankies van bestaande wingerd, toe te dien en in die geval van nuwe aanplantings op die toekomstige stokrye net voor die maak van plantgate. Mangaan is redelik onbeweeglik in plante, maar tekortsimptome verskyn by wingerd eerste op ouer blare. Die simptome is ligte, algemene tussennerfse chlorose, met areas om nerwe wat neig om groen te bly, sodat die simptoom met latere uitbreiding baie soos dié van ’n Mg-gebrek lyk. Mangaanchlorose is altyd ’n geel verkleuring, selfs by rooi kultivars (Figuur 18). Mangaan-toksisiteite is al by wingerd in die Breëriviervallei waargeneem op rooibruin, hoërliggende terrasgronde wat volop Fe-sulfiede (piriet) bevat, wat na swawelsuur oksideer, die grond versuur en hoë Mn-inhoude to gevolg het. Simptome is opgekrimpte, dik, opgerolde blare, met opgehewe speldekop-grootte, donker spikkels op lote, wat veral op die nodiums gekonsentreer is (Figuur 18). Trosse speen af en toon millerandage (bokhaelkorrels) . verkleuring, selfs by rooi kultivars (Figuur 17).

FIGUUR 18: In teenstelling met Mg-tekorte vertoon ’n Mn-tekort altyd geel chlorose tussen nerwe, is dit meer gespikkeld en kom nie as instulpings voor nie (links). Op ouer blare is verkleuring steeds geel, selfs by rooi kultivars (regs) (Foto’s: P. Raath (links); D. Saayman (regs). Figuur 17: In te nstelling met Mg-tekorte vertoon ‘n Mn-tekort altyd geel chlorose tus en nerwe, is dit mee gespikk ld n kom nie as instulpings v or nie (links). Op ouer blare is verkleuring steeds geel, selfs by roo kultivars (regs) (Foto’s: P.Raath (links); D. Saayman (regs)).

Mangaan-toksisiteite is al by wingerd in die Breëriviervallei waargeneem op rooibruin, hoërliggende terrasgronde wat volop Fe-sulfiede (piriet) bevat, wat na swawelsuur oksideer, die grond versuur en hoë Mn-inhoude tot gevolg het. Simptome is opgekrimpte, dik, opgerolde blare, met opgehewe speldekopgrootte, donker spikkels op lote, wat veral op die nodiums gekonsentreer is (Figuur 19). Trosse speen af en toon millerandage (bokhaelkorrels).

68 | ONDERHOUDSBEMESTING

Made with FlippingBook - Online magazine maker