BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF
HOOFSTUK 5
Die doeltreffendheid en ekonomie van Fe-toedienings op kalkgrond is twyfelagtig en in sulke gevalle kan slegs ’n blaarbespuiting van 0.1 – 0.15% Fe-chelaat (Fe-EDTA) met die eerste verskyning van simptome aanbeveel word, wat met weeklikse tussenposes, maksimaal ses keer, herhaal moet word. In baie gevalle sal Fe-tekortsimptome, wat vroeg in die seisoen voorkom, egter mettertyd verdwyn sodra die stok se wortels aktief raak, wat Fe-opname uit die grond moontlik maak. Yster-tekorte is ook al waargeneem op suur sandgrond wat uit grys Tafelberg-sandsteen ontwikkel het. Hier was die oorsaak ’n absolute gebrek aan Fe in die grond en nie ontoeganklikheid weens hoë pH nie, alhoewel oordadige bekalking moontlik ook ’n rol gespeel het. Op suur grond kan ’n Fe-EDTA-toediening van sowat 1 kg ha –1 oorweeg word. Hoewel blaaranalise vir Fe nie altyd as betroubaar geag word nie, word die blaaranalise- norme vir Fe in Tabel 22 aangedui.
TABEL 22: Norme vir die Fe-inhoude (mg kg –1 ) van blaarskywe en -stele van wingerd.
Vrugset
Deurslaan
Blaarskywe Blaarstele Minimum Hoog Minimum Hoog Minimum Hoog Minimum Hoog 60 200 25 200 60 200 25 200 Blaarstele Blaarskywe
Mangaan (Mn) Mangaan is verantwoordelik vir die aktivering van ’n groot verskeidenheid ensiemsisteme en is onder meer ook betrokke by koolhidraatmetabolisme, fosforilasie, die sitroensuursiklus, ens. Dit is ook noodsaaklik vir chlorofilvorming en is ’n bestanddeel van chloroplaste waar die Hill-reaksietempo (om suurstof sonder die teenwoordigheid van koolstofdioksied te vervaardig) eweredig daaraan is. Dit speel ook ’n rol in die reduksie van nitrate na o.a. ammonium. Te veel Mn is toksies vir die plant. Daar is ’n groot verskeidenheid minerale wat Mn bevat en dit kom ook in die organiese fraksie van gronde as humiensuurkomplekse voor. Mangaantekorte word oorwegend deur hoë-pH-grondtoestande geïnduseer, waar dit deur Fe-tekorte gemasker kan word. Dit word ook dikwels op die suur gronde van die Wes-Kaap waargeneem, veral in die vroeë lente wanneer die grond nog koud is. Matige Mn-tekorte het klaarblyklik nie ’n effek op groei en opbrengs nie. Die korrelasie tussen die totale Mn-inhoud van grond en die toeganklikheid daarvan vir plante is swak. Die gebruik van EDTA-ekstraheermiddels in die bepaling van “toeganklike” Mn is ’n arbitrêre proses wat die vermoë van die plant om Mn te bekom naboots. Vir gronde met ’n pH KCl van tussen 5.0 en 6.5, behoort die totale Mn-inhoud minstens 2.0 mg kg –1 te beloop (sien Tabel 5 in Hoofstuk 3).
BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF | 67
Made with FlippingBook - Online magazine maker