BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF
HOOFSTUK 5
FIGUUR 11: Nekrotiese trosstingels (links) en korrelaanhegtings (regs) geassosieer met rouband by tafeldruiwe (Foto’s: P. Raath).
Blaar- en trosvoeding met Ca-bespuitings, gemik op verhoging van die korrels se Ca- inhoud ten einde kwaliteit te verbeter, is egter in verskeie eksperimente in beide die RSA (Raath, 2012) en Chile (persoonlile kommunikasie: Prof. Juan Pablo Zoffoli, 2009) ondoeltreffend gevind. Dit word toegeskryf aan die feit dat Ca hoofsaaklik in die xileem vervoer word en dat die korrel-xileem vanaf deurslaan onaktief raak. Soos in Tabel 19 getoon (Conradie, 1980), word 64% van die tros se totale Ca-aanvraag reeds tussen bot en ertjiekorrel voorsien, gevolg deur 35% tussen ertjiekorrel en deurslaan, en slegs 1% tussen deurslaan en oes. Die tros se Ca-aanvraag word dus grootliks gedurende die eerste gedeelte van die groeiseisoen bevredig, wat bevestig dat Ca-bespuitings gedurende die latere gedeelte van die voor-oesperiode waarskynlik geen effek gaan hê nie.
TABEL 19: Voorsiening van kalsium aan die trosse vanaf bot tot oes, gebaseer op ’n produksie van 30 ton per hektaar.
Groeistadium Bot tot ertjiekorrel Ertjiekorrel tot deurslaan Deurslaan tot oes
Behoefte/voorsiening aan trosse
Trosse se aanvraag (% van jaarlikse aanvraag) Fraksie (%) deur grond voorsien Absolute hoeveelheid opgegaar in trosse (kg ha –1 )
64
35
1.0
100
100
100
3.3
1.8
0.1
In die praktyk sal gronde wat voldoende van Ca voorsien is (normaalweg neutrale tot hoë-pH-gronde) genoegsame Ca aan die stok voorsien. Gronde met lae pH’s word normaalweg tot pH KCl 5.5 bekalk, wat die grond se Ca-status sal verhoog en ’n Ca- versadiging van ongeveer 80% sal verseker. Vir wingerde op gronde met Ca-inhoude
BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF | 59
Made with FlippingBook - Online magazine maker