BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF

van > 2.5 cmol kg –1 (500 mg kg –1 ) behoort Ca-voeding voldoende te wees. Wingerde met beperkte wortelstelsels (byvoorbeeld sommige drup-besproeide wingerde) mag Ca- tekorte ontwikkel indien die pH van die grond in die wortelsone tot sub-optimale vlakke daal (pH water < 6.5 of pH KCl < 5.5). In sodanige gevalle moet die pH in die wortelsone aangepas word en kan insluiting van Ca by die bemestingsprogram geregverdig word. Die blaaranalise-norme vir Ca word in Tabel 20 aangetoon.

TABEL 20: Norme vir die Ca-inhoude (%) van blaarskywe en -stele van wingerd.

Vrugset

Deurslaan

Blaarskywe Blaarstele Minimum Hoog Minimum Hoog Minimum Hoog Minimum Hoog 1.50 2.50 1.00 2.00 1.50 2.40 1.20 2.10 Blaarstele Blaarskywe

Magnesium (Mg) Dit is die enigste metaalioon wat deel van chlorofil uitmaak en is dus noodsaaklik vir fotosintese. Die spesifieke funksie van Mg is relatief onbekend, maar dit tree as aktiveerder van verskeie ensieme op, waardeur dit ’n rol speel in koolhidraatsintese, stikstofmetabolisme, vet- en oliesintese, ens. In teenstelling met Ca is Mg hoogs beweeglik in die plant en word geredelik vanaf ou na jong blare gemobiliseer. Soos Ca, word Mg in ’n groot verskeidenheid minerale aangetref, waarvan die belangrikste primêre minerale olivine, serpentyn, talk, piroksene en amfibole is, maar veral in die sekondêre mineraal dolomiet, asook in magnesiet, chloriet, vermikuliet en montmorilloniet. Daar word aanvaar dat ’n Ca:Mg-verhouding van tussen 4:1 en 6:1 vir die meeste plante wenslik is. In baie gronde in Suid-Afrika is die verhouding dikwels baie kleiner in die ondergrond, selfs 1:1, veral waar die moedermateriaal marienesedimente is of waar ’n sterk ontwikkelde struktuur aangetref word. Magnesiumtekortsimptome is baie kenmerkende, goed gedefinieerde, diep tussennerfse instulpingvergeling (chlorose) op ouer blare van wit kultivars en rooi verkleuring by rooi kultivars (Figuur 12). Daar is egter meer onlangs waargeneem dat verkleuring ook geel is by virusgetoetste (skoon) rooi kultivars (Figuur 13). By sommige onderstokke neem die tussennerfse simptome die vorm van nekrotiese kolletjies aan.

60 | ONDERHOUDSBEMESTING

Made with FlippingBook - Online magazine maker