BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF
TABEL 18: Norme vir die K-inhoude (%) van blaarskywe en -stele van wingerd (Conradie, 1994).
Vrugset
Deurslaan
Kalsium (Ca) Kalsium is volop in wingerdorgane en die konsentrasie daarvan neem toe met verloop van die seisoen. Dit kom in oplossing in die stok voor, asook gebind as oksalaatkristalle en as Ca-pektaat in die middellamella van selle. Dit maak dus deel van selmembrane uit en speel ’n rol in die vervoer van stowwe in die geleidingsweefsel, asook in die deurlaatbaarheid van selwande en die vorming van sekere proteïene en ensieme. Kalsium word as redelik immobiel beskou, alhoewel dit skynbaar in meerjarige plante in ou weefsel weer in oplossing gaan en oorwegend apikaal beweeg en o.a. betrokke is by die ontwikkeling van groeipunte. Daar is dus ’n opwaartse vloei van Ca vanuit die grond deur die stok, wat uiteindelik in blare en snoeisels op die grond beland; gevolglik is daar min Ca-verwydering deur die oes (Tabel 9). Kalsium is een van die volopste elemente in die natuur, maar die teenwoordigheid daarvan in grond wissel baie na gelang van die samestelling van die moedermateriaal en die intensiteit van verwering en loging. Dit kom in ’n groot mate voor in sekondêre minerale soos kalsiet, dolomiet en gips. Dit is ook meestal die prominentste uitruilbare katioon, selfs in suur gronde. Kalsiumtekortsimptome is, sover bekend, nog nie onder veldtoestande waargeneem nie. In suur gronde, waar Ca-voorsiening laag is en tekortsimptome verwag kan word, oorheers ander aspekte soos aluminium- en/of mangaantoksisiteite. In Suid-Frankryk is gevind dat suur grondtoksisiteite meer effektief met dolomitiese as met kalsitiese kalk bekamp kan word, waarskynlik weens ’n opname-antagonisme tussen Mg vanuit dolomitiese kalk en die Al en Mn in die grond. Die rooiblaarverskynsel by Barlinka-tafeldruiwe in die Hexrivier-vallei is aanvanklik as ’n Ca-tekort gesien weens lae Ca-inhoude van aangetaste blare en dit kan erge negatiewe effekte op groei en troskwaliteit hê. Daar is egter gevind dat dit deur ’n plantoordraagbare patogeen veroorsaak word, waarskynlik soortgelyk aan die grapevine red blotch-associated virus (GRBaV) wat twee dekades gelede in die VSA geïdentifiseer is en net op rooidruif- kultivars waargeneem word. Rouband is ’n fisiologiese afwyking by sekere kultivars onder sekere groeiomstandighede (klimaat, N-voeding). Dit word gekenmerk deur swart, nekrotiese ringeleerletsels vanaf deurslaan (in die Hexrivier-vallei is gevind dat die simptome heelwat vroeër verskyn) om trosstingels en korrelaanhegtings, waardeur vaatbundels afgesnoer word sodat korrels verlep en nie ryp word nie (Figuur 11). Die nekrotiese weefsel word deur lae Ca-inhoude gekenmerk waarvan die oorsake en meganisme nie bekend is nie. Blaarstele Minimum Hoog Minimum Hoog Minimum Hoog Minimum Hoog 0.65 1.30 1.00 3.00 0.60 1.05 0.90 2.30 Blaarskywe Blaarstele Blaarskywe
58 | ONDERHOUDSBEMESTING
Made with FlippingBook - Online magazine maker