BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF
HOOFSTUK 5
FIGUUR 8: Tipiese kaliumtekortsimptome wat by tafeldruifwingerde waargeneem kan word (Foto: G. van der Merwe).
Sekere blaarspringers veroorsaak ook chlorose-simptome wat baie soos dié van K-tekorte lyk (Figuur 9). Dit kan egter onderskei word deurdat die verkleuring in sommige areas van die blaar skerp teenaan ’n sekondêre of tersiêre nerf eindig.
FIGUUR 9: Verkleuring en nekrose wat deur blaarspringers veroorsaak word, kan soms met K-tekorte verwar word (Foto’s: D. Saayman).
Rolblaar-virusinfeksie veroorsaak ook rooi of geel verkleuring van blare, maar is geredelik van dié van K-tekorte onderskeibaar en het ’n hoë K-inhoud van die blare tot gevolg (Figuur 10).
BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF | 53
Made with FlippingBook - Online magazine maker