BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF
HOOFSTUK 5
In bestaande wingerde word gepoog om die P-vlak van minstens die boonste horison (0 – 300 mm) tot by die optimum vlakke te verhoog. Slegs in die geval van hoë-pH- gronde (pH KCl > 7, of pH water > 8), waar P vinnig ontoeganklik raak, en vir drupbesproeide wingerde waar bemesting hidroponies benader word, hoef jaarlikse toedienings aan die hand van produksie (soos aangetoon in Tabel 8) toegedien te word. In die stok is fosfor maklik mobiliseerbaar en tekortsimptome word selde in die wingerd opgemerk, omdat dit nie spesifiek is nie. Dit word beskryf as verminderde groei, donkergroen blare, soms perswording van hoofnerwe en ’n kleiner hoek tussen die hoofnerf van die blaar en die bladsteel. Dit is eintlik slegs identifiseerbaar in ’n direkte vergelyking met ’n voldoende gevoede stok (Figuur 6) en kan dus nie as betroubare aanduiding vir die nodigheid van P-voeding dien nie.
FIGUUR 6: Geen duidelike tekortsimptome by P-gebrek nie, slegs swakker groei (Saayman, 1981).
Blaarnorme (Tabel 15) kan aanvullend gebruik word, alhoewel dieselfde beperkings geld soos reeds vir N bespreek.
TABEL 15: Norme vir die P-inhoude (%) van blaarskywe en -stele van wingerd.
Vrugset
Deurslaan
Blaarskywe Blaarstele Minimum Hoog Minimum Hoog Minimum Hoog Minimum Hoog 0.14 0.55 0.20 0.63 0.26 0.45 0.09 0.64 Blaarstele Blaarskywe
BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF | 51
Made with FlippingBook - Online magazine maker