BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF
en adenosientrifosfaat (ATP) en is nodig vir seldeling en meristematiese groei. Dit word egter slegs in klein hoeveelhede deur die wingerdstok benodig, terwyl stokke ook in staat is om minder toeganklike bronne van P te benut weens spesifieke worteleienskappe en mykorrisa-assosiasies, asook die lang groeiseisoen waaroor dit gedoen kan word. Reaksie op P-bemesting word gevolglik selde by wingerd waargeneem, ten spyte van die algemeen lae P-inhoude van Suid-Afrikaanse wingerdgronde. Soos reeds vermeld, is die wingerstok se P-benutting relatief laag (Tabel 8), met slegs 0.7 kg ha –1 P wat jaarliks vir ’n produksie van 1 ton ha –1 benodig word. Ongeveer 35% van die jaarlikse behoefte word tussen bot en vrugset opgeneem, gevolg deur ’n verdere 40% tussen vrugset en oes en 25% in die naoesperiode (Tabel 10). Oplosbare P in grond is afkomstig van verwering van minerale, mineralisasie van organiese materiaal of van bemesting. Die meeste grond bind toegevoegde, oplosbare P so vinnig dat min P-beweging in die praktyk in grond plaasvind, maar dit kom wel voor in bleek sande en veen, waar seskwioksiedes afwesig is. Die P-konsentrasie in die grondoplossing is pH- afhanklik, met die hoogste konsentrasies tussen pH KCl 5.0 en 6.5 (Follet et al ., 1981). By laer pH’s vorm relatief onoplosbare Fe- en Al-fosfaatverbindings en by hoër pH’s, is die Ca-fosfaatverbindings wat vorm, ook relatief onoplosbaar. Weens die onbeweeglikheid van P in die meeste gronde, is die risiko van verliese ignoreerbaar; gevolglik word P-onderhoudsbemesting slegs toegedien wanneer P-vlakke in die grond laer daal as die optimum vlakke, soos in Tabel 14 aangetoon vir gronde met pH KCl -waardes van tusssen 5.0 en 6.0. Omdat P deur klei gebind word, neem die P-norme toe met kleitoename. Weens die komplekse verwantskappe tussen verskillende vorms van P in die grond en die konsentrasies daarvan in die grondoplossing, word, soos in Hoofstuk 3 bespreek, verskillende empiriese ekstraheermiddels in die praktyk gebruik, waarmee gepoog word om die vermoë van ’n spesifieke groep plante om P te bekom, na te boots. Vir wingerd word die sterker P-ekstraheermiddels soos Bray II, Mehlich III of 1%-sitroensuur gebruik.
TABEL 14: Norme vir fosfaatinhoud van wingerdgronde met pH KCl 5.0 – 6.0.
Fosfaatnorm (mg kg –1 )
Klei-inhoud (%)
Sitroensuur* 1 Mehlich III* 2
Bray II* 3
Bray I* 4
Olsen* 5
0 – 6
25 30 35
20 25 30
20 25 30
15 20 25
6 – 15
14 16
> 15
* 1 Sitroensuur (1%). * 2 0.2M asynsuur (CH
3 COOH) + 0.25M NH 4 NO 3 + 0.015M NH 4 F + 0.13M HNO 3 + 0.001M
EDTA, vergelykbaar met Sitroensuur (1%). * 3 Sterker suur- & ammoniumfloriedmengsel vir sterk P-voeders en suur grond. Sitroensuur (1%) is hiermee vergelykbaar. * 4 Swakker suur- & ammoniumfloriedmengsel vir swak P-voeders en suur gronde. * 5 Natriumbikarbonaat & ammoniumfloried & natrium-EDTA-mengsel vir hoë-pH-gronde.
50 | ONDERHOUDSBEMESTING
Made with FlippingBook - Online magazine maker