BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF
HOOFSTUK 5
Bemesting volgens blaarontledings Blaaranalises kan as verdere hulpmiddel aangewend word om die N-voedingstatus te kontroleer. Soos reeds in Hoofstuk 2 vermeld, kan analises in die praktyk egter weens verskille t.o.v. kultivars, verbouingsgebiede, tyd van monsterneming, monsterposisie, seisoenale klimaat en grondtipes, grootliks varieer. ’n Algemene norm wat vir alle toestande voorsiening moet maak, is dus noodwendig baie wyd. Volgens Tabel 13 strek dit vir blaarskywe by vrugset vanaf 2.0% (tekorte word by laer inhoude verwag) tot by 3.2% (groeiafwykings word by hoër waardes verwag). Hierdie wye bestek het dus min waarde vir die daarstelling van ’n bemestingsprogram. Indien ontledings op ’n jaarlikse basis gedoen word, mag dit egter moontlik wees om, deur altyd dieselfde stokke te monster, oor tyd tendense waar te neem en/of unieke norme vir ’n spesifieke blok te vestig. Blaarskywe Blaarstele Minimum Maksimum Minimum Maksimum Minimum Maksimum Minimum Maksimum 2.0 3.2 0.9 1.2 2.8 3.4 0.6 0.95 * Deurslaanblaaranalises is moontlik nie so betroubaar nie, omdat blare wat tradisioneel in die trossone gemonster word, teen daardie tyd verouderd ( scenessent ), uitgebreek of meganies beskadig is en nie meer ’n goeie weergawe van die voedingstatus van die stok is nie. Blaaranalise kan egter nuttig wees in gevallestudies. Blaarmonsters word op ’n spesifieke wyse van stokke wat afwykings toon, geneem en op dieselfde wyse van gesonde of beter presterende stokke, so na as moontlik aan die afwykstokke. Die gesonde/beter stokke se blare dien dan as direkte kontrole en die tyd van monsterneming en al die ander veranderlikes is dan minder kritiek. Geen norm word nou noodwendig gebruik nie, maar wel die relatiewe verskille tussen die twee monsters as aanduiding van moontlike elementtekorte of wanbalanse. Die nitraatinhoud van blaarstele waarvan teen blomtyd monsters geneem word, word redelik wyd in die VSA en Australië gebruik as ’n indikator vir stikstofstatus. Alhoewel riglyne ook nie baie presies is nie, varieer waardes oor ’n veel groter gebied en is dit baie afhanklik van wanneer dit gereën het of besproei is. In die praktyk kan die totale stikstofinhoud van blaarskywe (byvoorbeeld) met slegs 10% varieer tussen onder- en oorbemeste wingerde, terwyl die nitraatinhoud van blaarstele met 100% kan varieer. Daar kan tentatief aanvaar word dat stikstofbemesting teen vrugset onnodig sal wees indien blaarsteel-nitraat- (N-)waardes van hoër as 1 000 mg kg –1 verkry word (Conradie, 1998). Fosfor (P) Fosfor is ’n essensiële makro-element, wat ’n bestanddeel van fosfolipiede en nukleïensure uitmaak. Dit speel ’n essensiële rol by energieoordrag deur adenosiendifosfaat (ADP) Blaarstele Blaarskywe TABEL 13: Norme vir die N-inhoud (%) van wingerdblaarskywe en -stele vanaf vrugset tot ertjiekorrelstadium, asook tydens deurslaan. Vrugset tot ertjiekorrel Deurslaan*
BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF | 49
Made with FlippingBook - Online magazine maker