BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF
FIGUUR 4: Verdigting van wingerdlower weens oormaat N-kunsmis (Foto: P. Raath).
Voorkoms van N in grond: Die N in grond is ’n funksie van die hoeveelheid en aard van die organiese materiaal daarin teenwoordig, die omstandighede wat mineralisasie daarvan en binding uit die atmosfeer beheer, asook toevoegings in die vorm van kunsmis. Toevoegings uit die atmosfeer a.g.v. weerligaksie kan ook soms ’n wesenlike bydrae lewer. Wateronoplosbare (organiese) N-verbindings maak by verre die grootste fraksie van die totale N-inhoud van gronde uit. Hierdie organiese N kan nie deur plante benut word nie, maar omdat dit deur mineralisasie na anorganiese (plantbeskikbare) N-verbindings omgesit kan word, gee die organiese N-inhoud van die grond wel ’n aanduiding van die “N-leweringsvermoë” van die betrokke grond. Verskeie faktore bepaal die tempo en vlak van mineralisasie van organiese materiaal, met die prominentste hiervan die tekstuur van die grond, die pH, watervoorsiening, deurlugting en temperatuur. Die anorganiese of minerale fraksies van N in ’n grond wat vir wingerdvoeding van belang is, is die inhoude van ammonium- (NH 4 + -), nitriet- (NO 2 – -) en nitraat- (NO 3 – -) ione. Die omsetting of mineralisasie van organiese N-verbindings na oplosbare (anorganiese) verbindings, kan soos volg beskryf word:
Organiese N j NH 4
+ j NO 2
– j NO 3 –
a b c waar a ’n stadige proses (ammonifikasie) is wat deur nie-gespesialiseerde organismes deurgevoer word. Die proses waardeur NH 4 + geoksideer word na NO 3 – word
42 | ONDERHOUDSBEMESTING
Made with FlippingBook - Online magazine maker