BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF
HOOFSTUK 5
sg. spring fever van die Kaliforniërs) en dat hoë vlakke van nitraatakkumulasie in blare tot blink vlekke en bladrandskroei (nekrose) kan aanleiding gee (Figuur 3). Heldergeel blare waarvan die chlorofil a.g.v. ’n tekort aan sonligblootstelling afgebreek het, sal ook aan die onderkant van oormatig digte lowers, die gevolg van oorvoorsiening van N, gevind word (Figuur 4). Lang, plat internodiums, trosaborsie en afspeen is nog simptome, soos in die geval van die groeistilstandverskynsel op N-ryke gronde langs die Laer-Oranjerivier.
FIGUUR 2: Ligte groen kleur/vergeling van wingerdblare, geassosieer met N-tekorte (regs) (Foto: P. Raath).
FIGUUR 3: Oormatige N-voeding induseer tydelike K-tekorte (links), sowel as blink vlekke en bladrandskroei (regs), a.g.v. hoë vlakke van nitraatakkumulasie in blare (Foto’s: Phosyn (links); D. Saayman (regs).
BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF | 41
Made with FlippingBook - Online magazine maker