BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF
HOOFSTUK 5
TABEL 9: Jaarlikse opname van makro-elemente deur tafeldruiwe se verskillende organe, gebaseer op ’n produksie van 30 ton per hektaar.
Jaarlikse opname van makro-elemente (kg)
Orgaan
N
P
K
Ca
Mg
Trosse
43.2 43.2 14.4 16.8
8.4
61.8 19.4
5.2
2.7
Blare
7.8
60.3 11.0
13.0
Lote
2.6 2.2
6.4 8.8
2.3 5.0
Permanente struktuur
6.6
Totaal
117.6
21.0
96.4
83.1
23.0
Seisoenale element-opname-patrone Elke element behoort toegedien te word volgens die wingerdstok se seisoenale aanvraag vir daardie spesifieke element, wat beteken dat seisoenale opname-patrone bekend moet wees. Hierdie waardes word in Tabel 10 vir N, P, K, Ca en Mg getoon. Die aspekte waarvan kennis geneem moet word vir bemesting gedurende die verskillende groeistadiums, kan soos volg opgesom word:
TABEL 10: Seisoensopname van N, P, K, Ca en Mg deur tafeldruiwe (opname vir elke groeistadium word uitgedruk as ’n persentasie van die jaarlikse opname).
N
P
K
Ca
Mg
Groeistadium
Persentasie (%) van jaarlikse opname
Bot tot vrugset Vrugset tot oes
25 41 34
35 40 25
40 45 15
30 47 23
30 55 15
Naoes
Vanaf bot tot vrugset word vanaf 25% (N) tot 40% (K) van die jaarlikse aanvraag opgeneem. Min wortelgroei vind gedurende die eerste maand na bot plaas (Van Zyl, 1984), omdat die grond teen daardie tyd gewoonlik nog koud is. Die aanvraag na voedingselemente deur die nuwe groei (blare, lote en trosse) is dus met die aanvang van hierdie periode hoër as die hoeveelhede wat uit die grond opgeneem word (Conradie, 1980, 1981 & 1986; Williams, 1991), wat beteken dat die stok aanvanklik aangewys is op remobilisasie vanaf die permanente struktuur (wortels, meerjarige hout). Tussen vrugset en oes word van 40% tot 47% van die jaarlikse behoefte vir N, P, K, en Ca opgeneem, terwyl die syfer vir Mg effens hoër is (55%), wat waarskynlik daartoe bydra dat Mg-tekortsimptome, in gevalle van gebrekkige Mg-voorsiening, geredelik met die aanvang van hierdie periode manifesteer.
BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF | 39
Made with FlippingBook - Online magazine maker