BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF
VOED I NGSE LEMENTE WAT DEUR WI NGERD BENOD I G WORD Daar word aanvaar dat die wingerdstok die volgende makro-elemente benodig: Koolstof (C), waterstof (H) en suurstof (O), wat vanaf lug en water afkomstig is, terwyl stikstof (N), fosfor (P), kalium (K), kalsium (Ca), magnesium (Mg) en swawel (S) vanuit die grond bekom word. Origens word die volgende mikro-elemente benodig: Yster (Fe), mangaan (Mn), sink (Zn), koper (Cu), boor (B), molibdeen (Mo) en chloor (Cl). Alvorens die benadering vir elke element in detail bespreek word, moet kennis geneem word van drie aspekte. wat vir alle voedingselemente van belang is: Hoeveelhede elemente wat jaarliks opgeneem word: Die hoeveelhede van die verskillende voedingselemente wat jaarliks opgeneem word, is in verskeie eksperimente in Suid-Afrika bepaal, terwyl vergelykbare ondersoeke, dikwels slegs op N gerig, ook in ander lande uitgevoer is (Löhnertz, 1988; Williams & Biscay, 1991; Hanson & Howell, 1995) Ten spyte van klimaats- en kultivarverskille, is vergelykbare waardes vir die Kusstreek (Conradie, 1980, 1981 & 2001) en die Benede-Oranjerivier- gebied (Conradie, 2005a; Conradie & Raath, 2002; Raath, 2005) verkry. Die resultate word in Tabel 8 opgesom. Aangesien S, Mo en Cl nie dieselfde aandag as die ander voedingselemente ontvang het nie, is dié drie elemente nie by die tabel ingesluit nie, maar riglyne sal wel later verskaf word. Die syfers in Tabel 8 geld spesifiek vir tafeldruiwe, en nie noodwendig vir wyndruiwe nie. As gevolg van verskillende verbouingspraktyke, is daar in sommige gevalle ’n effense verskil tussen die waardes vir wyn- en tafeldruiwe.
TABEL 8: Hoeveelheid voedingselemente wat jaarliks deur tafeldruiwe opgeneem word, gebaseer op ’n produksie van 30 ton per hektaar.
N P K Ca Mg Mn Zn Cu B Fe (kg ha –1 ) (g ha –1 )
Element
Opname per hektaar 118 21 96 83 23 180 300 60 240 760 Opname per ton geproduseer 3.93 0.70 3.20 2.77 0.77 6 10 2 8 25
Verspreiding van elemente tussen verskillende organe: Die hoeveelhede in Tabel 8 dui op die jaarlikse opnames van die verskillende voedingselemente en moet nie gesien word as die hoeveelhede wat jaarliks toegedien moet word nie. Daar moet in aanmerking geneem word dat die voedingstowwe wat in blare en lote opgegaar word, tydens blaarval en met snoei weer na die grond teruggevoer word. Soos in Tabel 9 vir die makro-elemente getoon, kan die hoeveelheid wat jaarliks deur die trosse verwyder word, wissel van 61.8 kg ha –1 vir K tot slegs 2.7 kg ha –1 vir Mg, terwyl die hoeveelheid wat tydens blaarval op die grond beland, kan varieer van 60.3 kg ha –1 vir Ca, tot 7.8 kg ha –1 vir P.
38 | ONDERHOUDSBEMESTING
Made with FlippingBook - Online magazine maker