BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF
Gipstoedienings word in die vrugtebedryf ook aanbeveel ten einde voldoende Ca-vlakke in die grond te verseker, sonder om die grond-pH te verhoog. Kalktoediening tot ’n te hoë pH van die grond kan aanleiding gee tot probleme met spoorelementvoeding, waarvoor vrugte gevoelig is. Die wingerdstok is egter nie so pH-gevoelig nie en aard selfs in grond met vry kalk en pH KCl van tot so hoog as 7.2. Grond vir tafeldruifverbouing kan dus met vrymoedigheid bekalk word tot pH KCl 5.5 of selfs hoër, wat voldoende Ca-voeding vir die leeftyd daarvan sal verseker. Uiteraard is geen gipstoedienings dan nodig nie. In gebiede met hoë reënval en wat ver van industrieë is, word toenemend tekorte aan swawel (S) ondervind, aangesien die huidige hoëgraadkunsmismengsels min of geen S meer bevat nie. Swawel beland dus nie meer as “byproduk” in die grond nie. Dit behoort dus standaardpraktyk te wees om grond ook vir die S-inhoud te laat analiseer. In die geval van tekorte is gips dan die aangewese regstellende ameliorant en kan ’n eenmalige toediening van sowat 1 ton ha –1 oorweeg word. Landbougips is 90 – 95% kalsiumsulfaat en bevat gemiddeld 22% kalsium en 17.5% swawel. REGSTE LLI NG VAN FOSFAATI NHOUD Wateroplosbare monokalsium of ammoniumfosfate (P) word met kontak met grond bykans onmiddellik gebind en omgeskakel na minder toeganklike di- en trikalsiumfosfaat, sodat dit nie in grond beweeg nie, uitgesonderd grys sande sonder yster of kleiminerale, soos in die Hexvallei aangetref. Die wingerdstok is egter in staat om hierdie minder toeganklike P-vorme te benut, sodat selfs organochemiese rotsfosfaat as P-bron gebruik kan word. Weens die onbeweeglikheid van P is die diep voorbereiding van grond ’n gulde geleentheid vir die aanvulling daarvan met diepte. Die norme vir die P-inhoud van grond vir tafeldruifverbouing vir verskillende ekstrak siemetodes, word in Tabel 1 van Hoofstuk 3 aangegee. Die P-behoefte word slegs vir die boonste 600 mm-gronddiepte bereken, waarin die meeste voedingswortels voorkom. Die deeglikheid van vermenging is ook van minder belang, aangesien die wingerdwortels wel die P sal bykom. Verder is die growwe fraksie-inhoud van die grond nie ter sake nie en daar hoef dus nie daarvoor gekompenseer te word nie. Hier gaan dit oor ’n voldoende voorraad P in die grond, met die P-inhoud van die boonste grondlae as riglyn en nie om die P-inhoud van die grond algemeen op ’n sekere vlak te kry nie. Die wingerdstok word dus bemes, nie die grond nie. Ook om hierdie rede kan P naby die stokry diep gebandplaas word in bestaande wingerd waar versuim is om voldoende P tydens grondvoorbereiding in te bring. Hieronder is ’n voorbeeld van die berekening van die hoeveelheid P benodig: Die P-inhoud van ’n grondlaag van 300 mm dik is byvoorbeeld 15 mg kg –1 en die P-grondnorm is 30 mg kg –1 , dus is die P-tekort 15 mg kg –1 . Op ’n hektaargroottegrond- laag van 300 mm word 4.5 kg P benodig vir elke 1 mg kg –1 wat dit in die grond verhoog moet word. Daar word dus 15 mg kg –1 x 4.5 kg ha –1 = 67.5 kg P ha –1 vir die grondlaag van 300 mm benodig. Die P-inhoud van dubbelsuperfosfaat is sowat 20%, dus moet 67,5 kg x 100/20 = 340 kg per hektaar hiervan toegedien word. Dieselfde berekening word nou vir die tweede grondlaag van 300 mm dik gedoen en die hoeveelhede vir die twee grondlae gesommeer.
34 | CHEMIESE REGSTELLING VAN GRONDE TYDENS GRONDVOORBEREIDING
Made with FlippingBook - Online magazine maker