BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF
HOOFSTUK 4
OPSOMMI NG Tydens die regstelling van gronde se fisiese eienskappe ter voorbereiding vir die vestiging van ’n tafeldruifwingerd deur middel van diepbewerkingsaksies, moet die geleentheid gebruik word om enige chemiese beperking wat mag voorkom, ook reg te stel. Hiervoor word die toediening van geskikte ameliorante, soos kalk, gips en fosfaatbemesting teen korrekte hoeveelhede gebruik. Grondontledings is dus onontbeerlik hiervoor ten einde vas te stel watter ameliorante benodig word en akkuraat die behoefte van elk te kan bereken.
BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF | 35
Made with FlippingBook - Online magazine maker