BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF

HOOFSTUK 4

Deur gronde se pH KCl tot 5.5 met kalsitiese kalk reg te stel, word ’n Ca-versadiging van die grond se uitruilkompleks van sowat 80% verkry en deur die regte hoeveelhede dolomitiese kalk daarmee saam of afsonderlik te gebruik, word ’n Mg-versadiging van sowat 15 – 20% verkry, wat beteken dat geen verdere Ca- of Mg-voeding nodig behoort te wees nie. In die geval van Ca, skakel dit dan ook die nodigheid van gipstoevoegings uit. TOED I EN I NG VAN KALK Kalk word breedwerpig oor die volle grondoppervlak ter sake uitgestrooi en die tyd van toediening word uiteraard deur die tyd van grondvoorbereiding bepaal. In die laasgenoemde geval is die waterinhoud van die grond van kardinale belang. Te nat grond smeer en diagonale sooie of die “toebroodjie”-effek word verkry, met gevolglike swak vermenging. Te droë grond vorm weer groot kluite wat meebring dat die kalk wat daarop uitgestrooi is, swak vermeng met die ondergrond. Dit kan oorkom word deur die bogrond vooraf fyn te ploeg of dit 30 – 45 cm diep los te skeur sodat kluite doelbewus geskep word. Tydens diep voorbereiding moet daar nie wyer as rusperkettingwydte aangevoor word nie, sodat die kruiptrekker die kluite volledig fyntrap, alvorens dit voor die dolskaar beland. Grond kan liewer te droog as te nat voorberei word. Die ideale waterinhoud tydens grondvoorbereiding is wanneer die grondmateriaal nie plasties is nie. Die waterinhoud daarvan moet onder die uitrolgrens wees; dit is wanneer daar nie ’n stabiele wors daarmee tussen die handpalms uitgerol kan word nie. Maak profielgate om die waterinhoud van die ondergrond te kontroleer en indien te nat, vermy om “geiselaar” gehou te word deur ’n kontrakteur wat toevallig in die nabyheid werk. G I PSTOED I EN I NGS Die mees algemene aanwending van gips (CaSO 4 ) is op sout-natriumbrak gronde, waarin natuurlike gips nie voorkom nie. Dit het ten doel dat die Ca in gips die oormaat natrium (Na) op die uitruilkompleks verplaas, sodat die Na saam met die oormaat opgeloste soute met besproeiing uitgeloog kan word. Hiervoor is doeltreffende dreinering uiteraard ’n vereiste. Dit is belangrik dat die water waarmee die oormaat soute uitgewas word, ’n hoë elektrolietinhoud moet hê, ten einde ontvlokking en toeslaan van die grond te voorkom. Dit word die beste bewerkstellig deur die besproeiingswater met gips te versadig voordat dit met die grond kontak maak. In die praktyk word die gips egter so deeglik as moontlik met die grond vermeng en sorg word gedra dat daar ook ’n lagie gips op die grondoppervlak is. Gips van sowat 3.4 ton ha –1 word vir elke gronddiepte van 300 mm benodig vir elke cmol kg –1 uitruilbare Na wat op die kleikompleks geëlimineer moet word. Die Na-inhoud-waardes vir brak grond wat van laboratoria verkry word, is egter nie net die uitruilbare Na nie, maar sluit ook die Na in die oplosbare soutekomponent van die grond in, en die waardes is meestal te hoog. Om hiervoor te kompenseer moet gipsaanbevelings tot ’n maksimum van 10 ton per ha beperk word. In gevalle waar die berekende gipsbehoefte 10 ton oorskry, kan die maksimum toediening gemaak word en na ’n jaar moet eers weer ’n analise gedoen word om vas te stel of ’n verlaging in die grond se soutinhoud en Na-vlakke teweeggebring is.

BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF | 33

Made with FlippingBook - Online magazine maker