BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF

Die praktyk het ook geleer dat kalkbehoeftes van bleek sandgronde oorberaam kan word weens die relatiewe afwesigheid van Al in hierdie oorwegend kwartsitiese materiaal. Hiervoor het Smuts (2001) voorgestel dat die gemete H-inhoud van sande met Ca + Mg > 1.5 cmol kg –1 , soos volg gekorrigeer word:

Gekorrigeerde H = H – [Ca + Mg) – 1.5] met H, Ca en Mg in cmol kg –1 -eenhede

Die kalkbehoefte van sand word nou op ekwivalente basis aan die hand van die gemete uitruilbare H-inhoud, of die H soos hierbo gekorrigeer, bereken:

Kalkbehoefte (ton ha –1 /150 mm) = H x 1.6

In sande, met hul lae uitruilkapasiteit, loog katione maklik uit, onder andere ook die hoogs gehidreerde en dus baie mobiele Mg. Dit is dus raadsaam om uit beginsel dolomitiese kalk vir sandgronde te gebruik. Dit is bekend dat ammoniumbevattende stikstof- (N-)misstowwe, ook ureum, grond versuur en dit is veral in die vrugtebedryf algemene praktyk om periodiek kalktoedienings te doen om hiervoor te kompenseer. Hierdie kalk beweeg egter baie stadig en die boonste grondlagie kan soms oorbekalk word, terwyl die pH van die wortelsone onveranderd bly. Gevolglik is toediening van voldoende hoeveelhede kalk tydens grondvoorbereiding noodsaaklik en is effense oorbekalking ’n teenvoeter vir die bogenoemde versuring. BEKALKI NGSTOWWE Die suiwerheid en fynheid van ’n kalkstof bepaal die doeltreffendheid daarvan. Volgens wet behoort die suiwerheid van kalsitiese kalk ten minste 70% te wees. Growwe kalk is dikwels minder suiwer en die reaksiesnelheid van kalkstowwe is omgekeerd eweredig met die fynheidsgraad. Fyner kalk behoort dus voorkeur te geniet. Uit ervaring blyk dit egter onnodig te wees om kalk tot fyner as 60 maas (0.25 mm in deursnit) te maal. Die werklike ontleding en kalsiumkarbonaat-ekwivalente (KKE) waardes (Tabel 7) van ’n spesifieke produk is nodig om tussen verskillende kalkbronne te besluit, terwyl vervoerkoste ook ’n deurslaggewende faktor kan wees. Die neutralisasievermoë van dolomitiese kalk is effens hoër as dié van kalsitiese kalk.

TABEL 7: Kalsiumkarbonaat-ekwivalente (KKE) waardes van verskillende bekalkingsmateriale.

Samestelling in suiwer vorm

Kalkstof

KKE (1)

Formule

% Ca

% Mg

Kalsiet

CaCO 3

40 20 54

100 109 136

Dolomiet

CaMg(CO 3 )

12

Gebluste kalk

Ca(OH) 2

(1) KKE = hoeveelheid kalsitiesekalkekwivalent per 100 kg van spesifieke kalkstof.

32 | CHEMIESE REGSTELLING VAN GRONDE TYDENS GRONDVOORBEREIDING

Made with FlippingBook - Online magazine maker