BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF
HOOFSTUK 4
Ondervinding het egter geleer dat vir gronde met ’n hoë magnesium- (Mg) inhoud, ’n te lae kalkbehoefte met hierdie formule verkry word, deurdat die Mg op die uitruilkompleks skynbaar nie tot dieselfde mate as Ca tot verminderde grondsuurheid bydra nie. Vir grond waar die Ca/Mg-verhouding dus < 6 is, word die bydrae van Mg gevolglik afgeskaal deur die (Ca + Mg)-komponent in bostaande formule met (Ca x 1.25) te vervang. Die berekende hoeveelheid kalk moet nou ooreenkomstig die growwe fragmentfraksie, indien teenwoordig, gekorrigeer/verminder word. Laastens moet dit weer vir die volle dikte van die betrokke grondlaag (indien meer as 150 mm) vermeerder word. Die kalkbehoeftes van die ter sake grondlae word dan tot ’n totale diepte van 1 000 – 1 200 mm gesommeer. Die Ca/Mg-verhouding van die grond is ook ’n aanduiding van die tipe kalk wat benodig word en as eerste benadering kan op kalsitiese kalk (CaCO 3 ) besluit word indien hierdie verhouding < 6 is, terwyl dolomitiese kalk (CaMgCO 3 ) die keuse is indien die verhouding > 6 is. Dit kan egter gebeur dat ’n grond met ’n Ca/Mg-verhouding van < 6 ’n groot hoeveelheid kalsitiese kalk benodig, wat dan tot ’n oormaat Ca of te min Mg aanleiding sal gee. In sodanige gevalle (kalsitiese kalk > 20 ton ha –1 ) kan die onderstaande formule, wat deur JJN Lambrechts ontwikkel is, gebruik word. In dié formule word die hoeveelheid dolomitiese kalk, wat saam met die kalsitiese kalk toegedien moet word, soos volg bereken: Dolomitiese kalk (kg ha –1 /150 mm) = [(8Ca+2Kalk)-40Mg]/6 x Gronddiepte/150 x (1-Klip%/100) met Ca en Mg in cmol kg –1 en kalk die berekende kalkbehoefte vir ’n diepte van 150 mm Dit sal ’n Mg-versadiging van 15 – 20% van die uitruilkompleks verseker. Die suurheid van gronde met hoë organiese materiaalinhoude is te wyte aan ’n oormaat H-ione en nie soseer weens hoë Al-inhoude nie, sodat berekende kalkbehoeftes dikwels oormatig is. WJ Conradie (Conradie, 1994) het empiries voorgestel dat die volgende aanpassings gedoen kan word:
Koolstofinhoud van grond (%)
Kalkbehoefte-aanpassing
< 1
Geen
1 – 2 2 – 3 3 – 4
80% van berekende kalkbehoefte 60% van berekende kalkbehoefte 40% van berekende kalkbehoefte
Die bogenoemde empiriese formule behoort normaalweg heeltemal aanvaarbaar te wees. Indien meer eksakte berekenings verlang word, kan die onderstaande formule wat deur Smuts (2001) se navorsing daargestel is, en wat neerkom op ’n korreksie van die H-inhoud van ’n organiesryke grond, egter gebruik word:
Gekorrigeerde H = Gemete H – [(7- pH) x %C x 0.202] waar pH die pH KCl van die grondmonster is en 0.202 die organiesemateriaalkorreksiefaktor.
BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF | 31
Made with FlippingBook - Online magazine maker