BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF
gee aan diep, vrugbare geel tot rooi gronde wat hetsy sedimentêr van oorsprong is, of uit verweerde graniet of dolomiet ontwikkel het. Bykans sonder uitsondering benodig al hierdie gronde fisiese regstelling en Suid-Afrika is redelik uniek in hierdie verband deurdat drastiese diepbewerkingsaksies hiervoor gebruik word. Dit bied dan ook terselfdertyd die geleentheid om enige chemiese beperking wat mag voorkom, reg te stel met die toediening van geskikte ameliorante teen korrekte hoeveelhede. Behalwe in die geval van die Olifantsrivier, word die meeste gronde gekenmerk deur lae fosfaat- (P) inhoude, en in baie gevalle (behalwe in die Benede-Oranjerivierstreek) dan ook deur oormatige grondsuurheid. Grondsuurheid kan in uitsonderlike gevalle die gevolg wees van waterstof- (H + ) ione, afkomstig van ’n hoë organiesemateriaalinhoud van die betrokke grond, tipies van fynbosoorsprong. Hierdie H-ione is op sigself nie skadelik nie, maar kan wel aanleiding gee tot versteuring van die toeganklikheid van sekere voedingselemente en die algemene voeding van niesuurliewende plante, soos die wingerdstok. Meer ernstig beperkende grondsuurheid word veroorsaak deur die verlies aan basiese katione weens gevorderde verwering van kleiminerale en loging, waarvan die plek dan ingeneeem word deur alomteenwoordige H-ione, wat die kleimineraal waaraan dit geadsorbeer is, afbreek, met die vrystelling van aluminium- (Al) ione. Hierdie Al-ione genereer op hulle beurt verdere H-ione wat verdere daling in grond pH veroorsaak. Aluminium op sigself is by hoë konsentrasies toksies vir wortelgroei en funksionering, sodat voeding in die algemeen versteur word. REGSTE LLI NG VAN GRONDSUURHE I D Kalk beweeg baie stadig in die meeste gronde en dus is grondvoorbereiding die enigste geleentheid om dit behoorlik in te bring. Anders as vir P (hieronder bespreek), is die doelwit met kalktoediening om die grond-pH so homogeen as moontlik en tot ’n diepte van ten minste 1 000 mm reg te stel, sodat die wortels ’n groot wortelvolume ongehinderd kan benut en die stok goed teen klimaatskokke gebuffer is. Hier moet die growwe fraksie van die grond in berekening gebring word, aangesien versuim daarvan tot oorbekalking sal lei. Die pH op sigself is nie ’n aanduiding van hoeveel kalk benodig word nie, maar dit word gedikteer deur die uitruilkapsiteit van die grond en die mate waartoe dit deur waterstof- en aluminiumione beset word. Vir tafeldruiwe word die beproefde Eksteen-metode (Eksteen, 1969) van kalkbehoeftebepaling aanbeveel. Die metode maak gebruik van ’n algemene eksponensiële verwantskap tussen grond-pH en die H-versadigingsgraad van die grond, soos verteenwoordig deur die sg. R-waarde, oftewel die Ca+Mg/H-verhouding. Vir wingerd word ’n gewenste pH van 5.5, in KCl gemeet, as doelwit gestel (Conradie,1983), wat ooreenstem met ’n R-waarde van 10. Hiervolgens kan die kalkbehoefte van ’n grond vir ’n diepte van 150 mm met die volgende formule bereken word:
Kalkbehoefte (ton ha –1 /150 mm) = [(H x 10) – (Ca + Mg)] x 4/11 waar H, Ca en Mg as cmol kg –1 -eenhede ingevoer word.
30 | CHEMIESE REGSTELLING VAN GRONDE TYDENS GRONDVOORBEREIDING
Made with FlippingBook - Online magazine maker