BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF
HOOFSTUK 4
4 CHEMIESE
REGSTELLING VAN GRONDE TYDENS GRONDVOOR- BEREIDING
DAWI D SAAYMAN & P I ETER RAATH
NEGATI EWE GRONDE I ENSKAPPE Gronde waarop tafeldruifverbouing meestal in Suid-Afrika bedryf word, is uiteenlopend wat hul fisiese en chemiese eienskappe betref. In die kusgebied (Paarl-omgewing) is die moedermateriaal van skalie en graniet so oud en hoogs verweer dat die gronde wat daaruit ontwikkel het, arm aan voedingstowwe is, met ’n lae uitruilkapasiteit en met suurheid wat met diepte toeneem. Alhoewel hierdie gronde in die reël goeie dreineringseienskappe het, is dit nogtans dig en tesame met grondsuurheid, beperkend ten opsigte van diep wortelontwikkeling. Wingerde langs die Bergrivier en in die Saron- gebied is hoofsaaklik op meer resente alluviale materiaal gevestig, waar suurheid ook ter sprake kan wees. In binnelandse gebiede word, benewens die klipryke alluviale gronde, ook gronde benut wat deur harde kalk- en of dorbanke in die profiele gekenmerk word. Sommige dele het boonop swaar dupleksgronde, waar o.a. ondergrondse brak ook voorkom en die grond slegs deur operdwalle benut kan word. Langs die Olifants- en Oranjerivier word die alluviale gronde gekenmerk deur gelaagdheid en die hoërliggende gronde deur verskillende grade en dieptes van kalkaansameling en verharding. Langs die laer lope van die Oranjerivier is ook al groot areas sg. “ghom”-materiaal benut, wat aanvanklik fisies verweerde, bros gneiss was, maar met voorbereiding “grond” word. Die tafedruifgronde van Limpopo wissel volgens die moedermateriaal wat oorsprong
BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF | 29
Made with FlippingBook - Online magazine maker