BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF

Mikro-elemente word in klein hoeveelhede deur die wingerdstok benodig en die beskikbaarheid daarvan is direk afhanklik van die pH van die grondoplossing. Waar die pH hoog is, is mangaan (Mn) en sink (Zn) ontoeganklik vir die plant, aangesien hierdie elemente nie in die oplossing bly nie. Soms kan hierdie elemente dus in die grond teenwoordig wees, maar dit is nie vir die plant toeganklik nie. Gevolglik is grondanalise nie altyd ’n betroubare metode om die beskikbaarheid van mikro-elemente te bepaal nie. Om vas te stel of die metale oormatig of onvoldoende is, moet blaaranalises gedoen word. In gronde met ’n lae pH, kan tekorte ten opsigte van boor (B) en sink (Zn) verwag word. Daarenteen, kan Mn in lae-pH-grond so oplosbaar wees dat dit toksies vir die wingerdstok raak. Kalktoedienings sal hierdie probleme oplos deur B en Zn meer plantbeskikbaar en Mn minder oplosbaar te maak (Van Schoor, 2001). In Tabel 5 word die norme vir optimale mikro-elementkonsentrasies in grond verskaf. In gevalle waar die konsentrasies voedingstowwe in die grond onder die norme is, kan tekorte voorkom. In sulke gevalle moet die wingerd visueel gemonitor word vir simptome van tekorte. As daar steeds enige twyfel bestaan, moet blaaranalises gedoen word. In die verlede het Cu-tekorte baie selde in wingerde voorgekom weens die gebruik van swamdoders wat Cu bevat. Met die dalende gebruik van hierdie produkte, moet aandag ook aan hierdie mikro-element gegee word.

TABEL 5: Minimum mikro-elementkonsentrasies in gronde met pH KCl -waardes van 5.0 tot 6.5 (mg kg –1 ).

B

Mn

Zn

Cu

0.3

2.0

0.5

0.5

As tekorte aan mikrovoedingstowwe wel voorkom, is dit maklik om die blare te spuit. Tabel 6 kan as riglyn gebruik word om te bepaal of die status van die mikro-elemente op standaard is.

TABEL 6: Mikro-elementkonsentrasies in blaarstele, gemonster teen vrugset en deurslaan, vir assessering van die voedingstofstatus van wingerde (mg kg –1 ). Deurslaan Tekorte Voldoende Hoog tot oormaat Tekorte Voldoende Hoog tot oormaat Fe *NB 30 – 180 *NB < 25 30 – 200 *NB Cu < 3 5 – 10 25 – 50 < 2.5 3 – 20 *NB Zn < 15 20 – 150 *NB < 15 20 – 150 *NB Mn < 20 30 – 60 >300 < 20 30 – 200 > 1500 B < 25 30 – 70 >100 < 25 30 – 90 > 150 Mo *NB 0.2-0.4 *NB *NB 0.2 – 0.5 *NB *NB – nie beskikbaar. Mikro- elemente Vrugset

26 | INTERPRETASIE VAN GRONDANALISE-VERSLAE VIR WINGERDE

Made with FlippingBook - Online magazine maker