BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF
HOOFSTUK 3
BAS I ESE KATI OONVERSAD I G I NGSVERHOUD I NG (BCSR) EN D I E GENOEGSAAMHE I DSVLAK VAN BESKI KBARE VOED I NGSTOWWE (SLAN) – ’N VERGE LYKI NG VAN D I E KONSEPTE As riglyn waarvolgens grondanalises geïnterpreteer en bemesting toegedien word, word die basiesekatioonversadigingsverhouding-konsep of BCSR-konsep (beter bekend as die Albrecht-stelsel) gebruik. Dit is gebaseer op ’n veronderstelling dat plante slegs optimaal sal groei, indien daar ’n gebalanseerde katioonverhouding (Na + , Ca 2+ , Mg 2+ en K + ) vir elke grond is, volgens die katioonuitruilkapasiteit (KUK) daarvan. Bemesting word dus gedoen volgens die grond se behoeftes en nie die plant s’n nie. In ’n oorsigartikel speur Kopittke & Menzies (2007) die BCSR-konsep na tot die laat 1800’s en bevind hulle dat sedert die onstaan daarvan, geen navorsingsdata daarin kon slaag om die bestaan van enige “ideale” basiesekatioonversadigingsverhouding te bewys nie. Hulle het eerder bevind dat bevordering van die BCSR-konsep tot ondoeltreffende gebruik van hulpbronne en kunsmis gelei het. Navorsing deur verskeie wetenskaplikes het bewys dat die SLAN-konsep (genoegsaam- heidsvlak van beskikbare voedingstowwe), waar ’n minimum konsentrasie beskikbare voedingstowwe in die grond vir optimale plantvoeding benodig word, ook op wingerd- stokke van toepassing is. Ofskoon die “ideale” grond vir wingerd dramaties kan wissel van streek tot streek en tussen verskillende grondtipes, word die samestelling daarvan gebaseer op ’n minimum vlak van voedingstowwe wat in die grond benodig word om aan die voedingsbehoeftes van die wingerdstok te voldoen. Voedingselementbalansering word in sommige gevalle wel gebruik om grond te evalueer. So word byvoorbeeld ’n Ca:Mg-verhouding van ongeveer 6 as aanduiding gebruik om te bepaal of kalsitiese of dolomitiese kalk gebruik moet word. Vir wingerdgronde is die ideale versadigingspersentasie van die uitruilbare katione: Ca 80%, Mg 15% en K 4%, wat ’n Ca:Mg:K-verhouding van omtrent 20:3.75:1 meebring. In die praktyk is dit egter nie nodig om hierdie “ideale” verhouding vir wingerd na te streef nie. Produsente word dus gemotiveer om eerder die SLAN-konsep na te volg deur gebruik te maak van die minimum norme, soos in hierdie handleiding verskaf. Dit sal oorbemesting voorkom en is ’n makliker, meer wetenskaplik regverdigbare benadering, wat op alle grondtipes van toepassing is.
BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF | 27
Made with FlippingBook - Online magazine maker