BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF

HOOFSTUK 3

die voedingsbehoeftes van die wingerdstok (Eksteen, 1969). Nietemin kan sommige sanderige gronde met ’n oormatige klipvolume moontlik ’n gebrek aan Ca en Mg hê, ofskoon die grond-pH optimaal is. Eweneens, wanneer die verkeerde kalk (bv. kalsitiese kalk) gebruik word in grond wat Mg-gebrekkig is, kan Mg-tekorte moontlik ontwikkel. Plantbeskikbare Ca en Mg kan ook geëkstraheer word met behulp van NH 4 Ac of Mehlich III. Soortgelyke resultate word verkry tussen die twee ekstraheermiddels vir grond met pH KCl < 6.0 (Nathan et al ., 2005). Die volgende algemene norme kan gebruik word as riglyne vir minimum Ca- en Mg-konsentrasies (Tabel 3). Die Ca:Mg-verhouding moet verkieslik ook nie ’n waarde van 6 oorskry nie.

TABEL 3: Minimum norme vir kalsium- en magnesiumkonsentrasie in grond, soos bepaal met gebruik van ammoniumasetaat, vir die versekering van optimale wingerdstokwerkverrigting.

Sanderige grond

Kleierige grond

Voedingstof

mg kg –1

cmol (+) kg –1

mg kg –1

cmol (+) kg –1

Kalsium

360

1.80 0.30

500 120

2.50 1.00

Magnesium

40

MI KRO-E LEMENTE (BOOR, MANGAAN, S I NK , KOPER) Grondanaliseverslae vir wingerde dui gewoonlik sink (Zn)-, mangaan (Mn)-, boor (B)- en koper (Cu)-inhoud in mg.kg –1 aan. Sink, Mn en Cu word geëkstraheer deur middel van EDTA, HCl of DTPA, terwyl B geëkstraheer word met warm water. Namate grond-pH verhoog, verminder die ekstraksie-doeltreffendheid van HCI dramaties, wat dit ongeskik maak vir gebruik op gronde met ’n pH KCl > 5.0. Selfs by ’n pH van 5 en laer ekstraheer dit nie Mn genoegsaam nie (Tabel 4). Ekstraksievlakke met DTPA blyk soortgelyk aan EDTA te wees.

TABEL 4: Vergelyking van EDTA en HCI as ekstraheermiddels vir mikrovoedingstowwe in gronde met verskillende pH-waardes (Lambrechts, ongepubliseerd).

Cu (mg kg –1 )

Zn (mg kg –1 )

Mn (mg kg –1 )

Grond-pH KCl

EDTA

HCl

EDTA

HCl

EDTA

HCl

5.0 6.0

0.36 0.28 0.21

0.45 0.17 0.07

0.64 0.51 0.41

0.80 0.23 0.07

67

17

34

5

7.0

17

1.4

BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF | 25

Made with FlippingBook - Online magazine maker