BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF
norm wat vir K-voeding op sanderige gronde daargestel kan word, is dat jaarlikse onderhoudsbemesting van 3 kg K per ton druiwe geproduseer, toegedien kan word. Soos reeds vermeld, word plantbeskikbare K in die RSA meestal met behulp van ammoniumasetaat (NH 4 Ac) geëkstraheer, maar sekere laboratoriums gebruik ook Mehlich III. Soortgelyke resultate word tussen die twee ekstraheermiddels verkry met Mehlich III-waardes wat ongeveer 0.9 x NH 4 Ac is (Sawyer & Mallarino, 1999; Nathan et al ., 2005). Op swaarder gronde (leem- en kleierige gronde) kan die algemene norme, soos in Tabel 2 aangedui, as riglyne dien vir maksimum K-waardes (Conradie, 1994). Hierdie norme word gekoppel aan die verskille in klei-mineralogiese tipes wat in die verskeie streke voorkom. In sommige gevalle kan dit wel K-inhoude wat 4% van die totale uitruilbare katione uitmaak, verteenwoordig, maar die gebruik van die 4%-norm, wat soms voorgestel word, moet nie by voorkeur gevolg word nie.
TABEL 2: Maksimum en oormatige norme vir kaliumkonsentrasie in grond, soos bepaal deur die gebruik van ammoniumasetaat, vir die versekering van optimale wingerdstokprestasie sonder negatiewe impak op druifkwaliteit (Conradie, 1994).
Streek
Kus Breërivier Olifantsrivier Karoo Oranjerivier
Maksimum norm
70 80
100 150
100 150
120 180
mg kg –1
Oormatige konsentrasie
105 120
Aanpassing van K-konsentrasie tydens grondvoorbereiding word slegs benodig by swaarder gronde, waar tekorte verwag word. Die gemiddelde K-behoefte word dan bepaal tot ’n gronddiepte van 600 mm, en waar dit onder die norme hierbo is, moet K-bemesting toegedien word. In die geval van produksiewingerde word die K-inhoud slegs bepaal tot ’n gronddiepte van 300 mm. Die behoefte per hektaar is 4.5 kg K om die K-inhoud van die grond met 1 mg kg –1 oor 300 mm-diepte te verhoog. Tydens grondvoorbereiding (tot ’n gronddiepte van 600 mm), moet dus 9 kg K per ha toegedien word vir elke 1 mg kg –1 - toename wat in die grond benodig word. Aangesien oormatige K-inhoud van die grond probleme kan veroorsaak ten opsigte van die opname van magnesium (Mg) en houvermoë moet oorbemesting vermy word. KALS I UM EN MAGNES I UM Kalsium (Ca) en magnesium (Mg) is albei noodsaaklike voedingstowwe wat benodig word vir optimale wingerdstokprestasie. Oor die algemeen is hulle so oorvloedig in gronde binne die optimale pH-vlakke dat bemesting met hierdie voedingstowwe nie nodig is nie. Deur behoorlik berekende kalktoedienings en die regte keuse van kalktipe, word genoegsame Ca en Mg aan die grond toegedien om te voldoen aan
24 | INTERPRETASIE VAN GRONDANALISE-VERSLAE VIR WINGERDE
Made with FlippingBook - Online magazine maker