BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF
HOOFSTUK 3
as “uitruilbare” voedingselemente insluit. In praktiese terme beteken dit dat die voedingselemente wat met water uitgeloog sou kon word (oplosbaar), bepaal word saam met dié wat op die kleikompleks vasgehou word (uitruilbaar). Soos hieronder aangedui, is dit veral belangrik om die bogenoemde by brakgronde in gedagte te hou. WEERSTAND ’n Versadigde pasta-ekstrak van die grond word voorberei met gedistilleerde water en die weerstand daarvan (om die vloei van ’n elektriese stroom deur te laat) word gemeet. Die eenheid waarin weerstand uitgedruk word is “ohm”, en dit is die resiprook vir elektriese konduktiwiteit (mS m –1 ). Soute, bv. kalium, natrium en chloried, gelei elektrisiteit en verlaag dus die weerstand van die grondoplossing. Hoe laer die weerstandmeting is, hoe groter die hoeveelhede sout in die grond, d.w.s. hoe meer brak is die grond. ’n Weerstand onder 300 ohm is ’n aanduiding van ’n oormatige hoeveelheid soute in die grond. By dié vlak word die prestasie van die wingerd negatief geaffekteer, terwyl die negatiewe impak al meer word soos die weerstand verder daal. As die weerstand 200 ohm en minder is, word die grond as soutbrak geklassifiseer. Verskillende soutfraksies word in gronde aangetref. Beide die oplosbare natrium persentasie, sowel as die uitruilbare natriumpersentasie (UNP), d.w.s. die persentasie wat Na van die totale hoeveelheid uitruilbare katione (S-waarde) uitmaak, en die spesifieke weerstand, dien as kriteria vir die klassifisering van die tipe grondbrakheid. As die weerstand van ’n versadigde grondpasta laer as 300 ohm (of geleiding van ’n versadigde grondekstrak meer as 400 mS.m –1 ) is, en die UNP minder as 15%, word die grond as soutbrak geklassifiseer. Grond met ’n UNP > 15% wat vry gips of kalk bevat, word geklassifieer as grond met “sout-natriumbrakheid”. In beide gevalle kan die sout eenvoudig uitgewas word met die gebruik van goeie kwaliteit besproeiingswater – met die vereiste dat vry gips teenwoordig is, anders sal die grondkolloïdes dispergeer en die grond ondeurdringbaar vir water word. Waar gips nie in gronde met ’n UNP > 15% teenwoordig is nie, moet die logingswater met gips versadig word, voordat dit met die grond in kontak kom, of ’n gipsbehoeftebepaling, vir die toedien van gips tot die grond, moet gedoen word. FOSFOR In grondanaliseverslae word fosfor (P) gewoonlik in mg.kg –1 aangedui. Die optimale plantbeskikbare konsentrasie hang af van die grondtekstuur en grond-pH. Dit is daarom belangrik dat laboratoriums ook die grondtekstuur vermeld. Afhangend van die ekstraksiemetode wat gebruik word, verskil die norme vir optimale P-konsentrasie ook, aangesien die ekstraheermiddels verskil in pH en aggressiwiteit waardeur die P geëkstraheer word. ’n Vergelykbare lys van norme word in Tabel 1 verskaf, wat die toepaslike waardes vir die algemeenste ekstraheermiddels aandui. Vanweë die feit dat die hoeveelheid P wat met Bray I, Bray II en Mehlich III geëkstraheer word, verminder namate die grond-pH toeneem, moet onderskeid getref word tussen die norme wat
BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF | 21
Made with FlippingBook - Online magazine maker