BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF
Die tekstuur kan deur die “voeltoets” bepaal word, waarna die grond dan as sanderig, leemagtig of kleiagtig geklassifiseer word. Ongelukkig vermeld nie alle laboratoriums grondtekstuur by verstek nie. Die meeste laboratoriums sal slegs melding maak van tekstuur wanneer hulle spesifiek versoek word om dit te doen. ’n Volledige tekstuuranalise kan ook uitgevoer word om die presiese persentasies sand, slik en klei te kan spesifiseer. GRONDSUURHE I D OF ALKALI N ITE IT ( p H) Die pH van grond word bepaal in kaliumchloried (KCI) of water. Die meeste laboratoriums in Suid-Afrika gebruik die KCI-metode (pH KCl ), terwyl water-pH meestal in Europese en Amerikaanse laboratoriums vermeld word. Hoewel die verskil nie altyd konstant is nie, is pH KCl rofweg een pH-eenheid laer as pH water . Die rede hiervoor is dat die K + -ione in die oplossing die H + op die kleiminerale verplaas (die uitruilbare H + ), wat dan saam met die aktiewe H + -ione in die grondoplossing gemeet word. ’n Grond met ’n pH KCl onder 5.5 (pH water < 6.5) word beskou as suboptimaal vir wingerd. Hoe laer die pH is, hoe suurder is die grond; d.w.s. daar is ’n hoër konsentrasie aktiewe waterstofione (H + ). Hoe suurder die grond is, hoe hoër is die oplosbaarheid van aluminium (Al 3+ ), totdat dit ’n toksiese konsentrasie bereik wat wortelgroei negatief affekteer. Wingerdstokke onderpresteer in suur gronde weens gebrekkige wortelfunksionering, wat lei tot verlaagde water- en voedingstofopname, asook moontlike patogeen- en nematode-infeksie. Die optimale grond-pH (pH KCl ) vir wingerdstokke is tussen 5.5 en 6.5. Kalk behoort daarom aan gronde met ’n lae pH toegedien te word om ’n pH-regstelling te maak. Verskeie metodes vir die bepaling van kalkbehoefte is al ontwikkel. Die Eksteen-metode het bewys dat dit betroubaar is vir Suid-Afrikaanse grondtoestande en wingerd (Eksteen, 1969). Berekening van die kalkbehoefte word volledig in Hoofstuk 4 bespreek. Behalwe vir wortelgroei wat in suur grond toenemend belemmer word, word beide P en molibdeen (Mo) geleidelik minder beskikbaar vir opname. Suur gronde is dikwels ook hoogs geloog en arm aan voedingstowwe soos stikstof (N), kalium (K), kalsium (Ca) en magnesium (Mg). Bokant die bogenoemde optimale pH-vlakke word beide P en die ander mikrovoedingstowwe (behalwe Mo) ook minder beskikbaar vir plantopname. Dit is as gevolg van immobilisering wanneer P met Ca, en mikro-elemente met hidroksides en karbonate, reageer. Ten einde voedingstoftekorte in gronde met hoë pH’s te voorkom, word gereelde P-bemesting en jaarlikse blaartoedienings van mikrovoedingstowwe benodig. PLANTBESKI KBARE VOED I NGSE LEMENTE In Suid-Afrika word plantbeskikbare voedingselemente normaalweg geëkstraheer met behulp van een van twee ekstraheermiddels, meestal ammoniumasetaat (NH 4 Ac), terwyl sekere laboratoriums Mehlich III gebruik. Alhoewel laboratoriums dikwels in hulle verslae sal verwys na “uitruilbare” voedingselemente, dui hulle syfers normaalweg op “plantbeskikbare” of “ekstraheerbare” voedingselemente, wat “oplosbare” sowel
20 | INTERPRETASIE VAN GRONDANALISE-VERSLAE VIR WINGERDE
Made with FlippingBook - Online magazine maker