BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF
HOOFSTUK 3
3 INTERPRETASIE VAN GRONDANALISE- VERSLAE VIR WINGERDE I NLE I D I NG Grondmonsterneming vir analise word gereeld gedoen deur wingerdboukundiges en produsente. Interpretasie van die chemiese resultate word dikwels gekompliseer deur die verskeidenheid ekstraksiemetodes en maniere waarop resultate uitgedruk word (Van Schoor et al ., 2000). In hierdie hoofstuk word die erkende analitiese metodes en maniere waarop analitiese metodes uitgedruk word, sowel as die interpretasie daarvan, bespreek. Ander analisemetodes word ook bespreek en vergelyk met die aanvaarde Suid-Afrikaanse norme. Die analitiese metodes wat bespreek word, is geensins volledig nie, maar is dié waaroor die meeste kundigheid in die Suid-Afrikaanse wingerdbou bestaan. Grondanaliseverslae in Suid-Afrika bevat tipies die volgende inligting en analitiese resultate: TEKSTUUR Grondtekstuur dikteer die watervashouvermoë van ’n grond en die mate waarin katione aan die grond se negatief-gelaaide kleideeltjies gebind is. Die tempo waarteen voedingstowwe uit die wortelsone geloog word, hang dus grootliks van die grondtekstuur af. Verder word norme ten opsigte van kalium (K) en fosfor (P) beïnvloed deur grondtekstuur, wat dit noodsaaklik maak om ’n onderskeid te tref tussen sand-, leem- en kleigronde. P I ETER RAATH & KOBUS CONRAD I E
BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF | 19
Made with FlippingBook - Online magazine maker