BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF
boorstatus beter deur die blaarskyf as die blaarsteel gereflekteer. As vertrekpunt word aanbeveel dat ’n monster van die blaarsteel vir ontleding geneem word, maar in sommige gevalle sal dit egter nodig wees om ook die blaarskyf te ontleed. Norme vir die element-inhoude van blaarskywe en blaarstele, word in Hoofstuk 5 aangegee. Protokol vir monsterneming Die manier waarop monsterneming van wingerdstokke geskied, het ’n groot invloed op die resultate wat verkry word. Soos in Figuur 1 aangedui, word monsters van blare tydens set oorkant die tros geneem, of, indien verwyder, die blaar op ’n draerloot tussen die derde en vyfde oog. Teen deurslaan moet monsters van blare tussen die vyfde en agste oog vanaf die groeipunt geneem word. Dertig blaarskywe of blaarstele, onmiddellik geskei na monsterneming, is voldoende. Enige een kan geanaliseer word, maar soos reeds bespreek, word blaarsteel-analise normaalweg as meer akkuraat beskou. Die fenologiese stadium (bv. vrugset of deurslaan) van monsterneming moet aangedui word. Monsters van blare moet nie geneem word gedurende die warmste gedeelte van die dag nie, aangesien dit ’n invloed op blaarsamestelling kan hê. Dit moet verkieslik in die oggend geskied. Monsters moet in ’n skoon plastiek- of papiersak geplaas en koel gehou word tot die aflewering by die laboratorium. Die monsters moet onder geen omstandighede gevries word nie.
Monsterneming tydens set
Monsterneming tydens deurslaan
FIGUUR 1: Posisie waar blaarmonsters vir ontleding geneem moet word. SKETSE KOM UIT DAVENPORT & HORNECK (2011).
16 | NEEM VAN GROND- EN BLAAR- MONSTERS
Made with FlippingBook - Online magazine maker