BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF
HOOFSTUK 2
Hantering van die monsters Plaas die saamgestelde monster in ’n skoon plastieksak. Etiketteer die sak met ’n naam en die monster-identiteit. As verskeie saamgestelde monsters geneem is, etiketteer elkeen verskillend en hou ’n rekord van die areas waar elke monster geneem is. Slegs een vorm moet ingevul word vir elke groep monsters. Hoe meer volledig die inligting is wat verskaf word, hoe beter sal die aanbeveling wat gemaak word, wees. BLAARMONSTERNEMI NG Blaaranalises kan by tafeldruiwe as ’n diagnostiese hulpmiddel dien, maar het die tekortkoming dat dit in die praktyk deur faktore soos bo- en onderstokkultivar, verbouingspraktyke, verbouingsgebied, seisoenale klimaat, siektes en grondtipe beïnvloed word. ’n Algemene norm wat vir alle toestande voorsiening moet maak, is dus noodwendig baie wyd. Blaaranalise kan om hierdie rede nie as enigste norm vir die daarstelling van ’n bemestingsprogram gebruik word nie, maar moet as ’n aanvulling by grondanalises gesien word. Blaaranalise is ook nuttig in gevallestudies waar blare vanaf “siek” stokke gemonster word, asook vanaf naburige, niegeaffekteerde stokke. Die gesonde/beter stokke se blare dien dan as direkte kontrole, sodat die tyd van monsterneming en al die ander veranderlikes, minder krities of nie ter sake is nie. Geen norm word gebruik nie, maar wel die relatiewe verskille tussen die twee monsters. Die doel van blaaranalise kan dus soos volg opgesom word: • Dit is ’n hulpmiddel waarmee die grond se vermoë om voedingselemente te verskaf geëvalueer kan word; gevolglik kan dit gebruik word om ’n bemestingsbehoeftebepaling te doen. • Die effek van bemestingsbehandelings op die voedingstatus van die wingerdstok kan geëvalueer word. • Waar voedingselementgebreke vermoed word, kan dit korrek gediagnoseer word. Tyd van monsterneming Blaarmonsters moet jaarliks tydens dieselfde fenologiese groeistadium ingesamel word. In dié verband kan vrugset of deurslaan gebruik word. Onder vrugset word verstaan die periode wat strek vanaf die einde van blom totdat ertjiekorrelstadium bereik word (korrels se deursnee ongeveer 5 mm). Teen deurslaan is die ouer blare dikwels al gehawend, maar vir sommige elemente soos byvoorbeeld kalium (K) is dit ’n goeie tyd vir monsterneming. Blaarskyf of blaarsteel Vir wingerde waarvan die voedingstatus verskil, toon die blaarsteel normaalweg groter verskille as die blaarskyf. Aan die ander kant varieer die samestelling van die blaarsteel ook meer in dieselfde wingerd as wat die geval vir die blaarskyf is. Verder word die
BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF | 15
Made with FlippingBook - Online magazine maker