BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF
HOOFSTUK 7
FIGUUR 30: Wit vleis kenmerkend van ferm tafeldruifkorrels – die sogenaamde “kalsium-ring” (Du Plessis, 2008).
Die voorkoms van rouband word soms aan lae Ca-inhoude in die trosse toegeskryf. Die meganisme hiervan is egter onbekend, en omdat rouband algemeen gepaardgaan met geil groei, of toestande van swak koolhidraatvoorsiening aan die trosse, word die geldigheid hiervan bevraagteken. Blaar- en trosbespuitings, gemik op verhoging van die korrels se Ca-inhoud ten einde kwaliteit te verbeter, is boonop ondoeltreffend. Die bestuur van rouband behoort ’n strategie te behels om oorgeilheid te beheer, en om deur middel van goeie lowerbestuur te verseker dat alle blare so lank as moontlik fotosinteties aktief bly. MAGNES I UM Afgesien van ’n indirekte rol wat Mg op suiker-akkumalsie het, deurdat dit ’n belangrike element is vir fotosintese en dus die vervaardiging van koolhidrate (suikers), het dit geen direkte effek op druifgehalte nie. Daar is wel bevind dat Ca- en Mg-bemesting die druiwe se sap-pH kan verlaag, maar die rede hiervoor was onduidelik. ’n Grondtoediening van Mg-sulfaat het die beste reaksie tot gevolg gehad, maar oormatige hoë toedienings van Mg-soute kan skadelik vir die grondstruktuur wees. In sekere geledere is daar ook die geloof dat Mg-spuite (MgSO 4 ), voor of tydens rypwording, die ontwikkeling van rouband voorkom of verminder, alhoewel rouband, soos in Hoofstuk 5 genoem, nie ’n Mg-gebreksimptoom is nie. Weens groter beweeglikheid van Mg in die plant, word beweer dat dit in ’n mate die selwandversterkende rol van die onbeweeglike Ca vervang, omdat laasgenoemde nie beweeglik is nie en bespuiting daarvan ondoeltreffend is. In Suid-Afrika is gevind dat roubandsimptome vroeër in die seisoen as in Europa verskyn, vandaar die praktyk dat trosgerigte MgSO 4 -bespuiting van so sterk as 15% eerder voor die toemaak van trosse aangewend moet word, as na deurslaan. Die sukses van enige vorm van Mg-bespuitings is egter onder verdenking, want tot op hede bestaan daar nog geen empiriese data om hierdie praktyk te onderskryf nie.
BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF | 101
Made with FlippingBook - Online magazine maker